FOTO Twitter / @bestofcbsny

FOTO Twitter / @bestofcbsny

Het jy gehoor?

Dorothy se rooi skoene is gered!

Goeie nuus! Die Smithsonian-instituut in Washington kan nou die ikoniese paar rooi skoene regmaak wat Judy Garland 77 jaar gelede as Dorothy gedra het in die 1939-rolprent The Wizard of Oz. Hulle het pas genoeg geld ingesamel vir die projek.

Dit gaan sowat $300 000 (R42 miljoen) kos om die bekende rooi skoene te restoureer. Die Smithsonian, wat die skoene al vir 40 jaar huisves, het ’n Kickstarter-veldtog aanlyn begin om die geld in te samel en die doelwit is gister bereik. 

Die eens blink skoene se verf is afgeskilfer en dit lyk reeds baie verweer. Die geld is ingesamel om die skoene te bestudeer en die materiaal te herstel. ’n Spesiale uitstalkas waarin die temperatuur beheer word, word ook vir die skoene beplan, berig The New York Times.

Die skoene is in 1979 aan die Smithsonian geskenk en is tot vandag een van die items waaroor mense die meeste vra. Volgens The New York Times is dit al selfs in die Victoria and Albert Museum in Londen uitgestal! Die veldtog het op 17 Oktober begin en het gister reeds die $300 000-merk behaal. Meer as 5 300 mense uit 41 lande het die veldtog ondersteun. Een donateur het selfs $10 000 gegee, berig FOX News.

Lees nou:

#9tot5: Leer op LinkedIn – dié week gratis!

Wenfoto van Wildfotograaf

Natuurfilms deur Leonardo DiCaprio en ander op pad!