Steve Hofmeyr as Eddie Elektriek saam met die Pretville-span

Steve Hofmeyr as Eddie Elektriek saam met die Pretville-span

Het jy gehoor?

Pretville se ‘dorpie’ binnekort oop vir publiek

Op die dorpie is daar ’n stadsaal, ’n haarkapper en selfs ’n diner, so reg uit die jare vyftig. Vir stelfoto’s, klik by www.pretville.co.za.

Die outentieke dekor en rekwisiete is op eBay gekoop en spesiaal van Amerika af ingevoer, en dit het ’n hele jaar geneem om die stel te bou, het Paul Kruger, vervaardiger, gister op ’n mediakonferensie vertel.

Dorpsjapies: Kenneth Meyer, Chris van Rensburg en Marno van der Merwe

Lizz Meiring as Lollie le Roux

“Dit was drie maande laat,” sê Paul.

Oor hoeveel die bou van die stel gekos het, wil hy nie eens praat nie. “Ek kan jou eerlikwaar nie sê hoeveel dit gekos het nie. Die papierwerk is nog in twee groot bokse weggepak.”

Die stel van Pretville word op 23 November oopgestel vir die publiek. Jy sal Pretville selfs in dié dorpie se fliekteater kan gaan kyk.

Só besoek jy Pretville

Pretville sal daagliks van 08:00 – 17:00 oop wees.
Toegang: R40 vir volwassenes (12 jaar en ouer), R20 vir kinders.
Mense ouer as 70 en jonger as 2 jaar kan die dorp gratis besoek.

Fliekkaartjies kos R40 per persoon.
Fliektye is: 09:00, 11:00, 13:00, 15:00 elke dag.
Vrydae en Saterdae sal daar nog ‘n vertoning om 17:00 wees.

Besprekings kan by Emma by 083 283 1323 gedoen word.

GPS-koördinate (grade.minute.sekondes): 25.44.30,07S 27.55.06,79O

Paul meen Pretville is van internasionale gehalte en dat die fliek se jong sterre, Marlee van der Merwe, Eugene Jenson en Marno van der Merwe maklik aandag oorsee kan trek.

Clizelle de Klerk as Grieta en Carike Keuzenkamp as Gerda GeevernietMarlee van der Merwe

Ander akteurs wat in Pretville speel, sluit in Steve Hofmeyr, Lizz Meiring, Terence Bridgett, Willem Botha en Annette Engelbrecht.

Steve sê hy het besluit hy móét deel wees van Pretville toe hy die musiek gehoor het.
Volgens Lizz het sy het al baie gesing en gedans, maar nog nooit in ‘n fliek nie. “En ek het nog nooit vir Steve gejag nie,” lag sy. 

Pretville begin 23 November landwyd draai.

  • Jolandie

    Jaaaaaa!!! Ek kan nie wag dat hierdie fliek begin draai nie, en verseker gaan ek die dorpie besoek!!!

  • Precilla Vermaak

    Dit was great het van dag gaan sien 10 uit 10 ek het dit so geniet

  • Precilla Vermaak

    Marlee van der Merwe mal oor haar.en Steve …. almal was wonderlik laat mens terug verlang na die goeie ou dae..alles was so oorspronklik julle is almal fantastie..Lizz Meiring jy is so oulik genit jou altyd

  • Susan Smit

    Pretville was een van die aangenaamste en lekker rolprente wat ek nog gesien het. baie ontspannend ook. Ek het die ongelooflike "skoon" rolprent verskriklik geniet. Maak nog sulkes en ek is gereeld in die teater