Het jy gehoor?

Charlize se denims te koop?

Hoewel Charlize se woordvoerder nog nie die nuus kon bevestig nie, berig THR dat Theron en die stilis Leslie Fremar nou koppe bymekaar sit vir ‘n jean-reeks wat in grootmaat by winkels verkoop sal word.

Indien Charlize hierdie projek sou aanpak sal sy in dieselfde bootjie as die celeb-ontwerpers Katie Holmes, Victoria Beckham en Kate Young wees.

Sal jy ‘n paar Charlize-denims dra?