Het jy gehoor?

Drama, drama … hier’s die wenners!

Twee Wes-Kapenaars – albei van vissersdorpe – en ‘n Gautenger glimlag lekker breed met groot kontant in die hand. Hulle is die wenners in Sanlam/RSG se Radiodrama-skryfkompetisie 2008, en ontvang Donderdagaand hul tjeks by ‘n geselligheid in die Naspers-Sentrum in Kaapstad.

Die wenner is SD Fourie van Gansbaai met Droomskip (R20 000).

Tweede prys: André Kotzé van Struisbaai met Judasbok (R10 000).

Derde prys: Martin Jansen van Florida (Gauteng) met Karaktermoord (R7 000).

Die wenners is uit 99 inskrywings aangewys. – Uitgereik deur RSG