Het jy gehoor?

Jenna Clifford droom groot

“Die doel van Dream Big is om te help om mans en vroue te laat besef dat ons afhanklik van mekaar is om in hierdie wêreld sinvol te oorleef, dat daar geslagsgelykheid moet wees sodat ons almal Suid-Afrika se toekoms help bou. Groot leiers kom in goeie en slegte gedaantes. Ons het meer leiers van die kaliber van Madiba en Barack Obama nodig om nasies te help bou.”

Jenna het saam met SA Garden Saterdag die tweede Dream Big-tuin geloods by die Lifestyle/Leefstyl-sentrum in Johannesburg. Die tuin is die simbool van die interafhanklikheid tussen mans en vroue, asook die mens se afhanklikheid van die wêreld. Van die Dream Big-ambassadeurs, soos Ryk Neethling, Brendan Currin en Jennifer Su, was ook daar om die visie van die beweging te onderskryf.