drewbarrymore_getty_cutted
Het jy gehoor?

Drew Barrymore baljaar binnekort by Sun City

Sy wil net die lang vlug oorleef en die nooddienste se nommer byderhand hê. Verder is die 38-jarige Drew nie té bekommerd oor haar drie maande se verblyf in Suid-Afrika nie. Maar wie kan haar kwalik neem, want sy moet die lang pad aandurf met haar eersteling, Olivia Barrymore Kopelman, wat net 7 maande oud is.

Drew gaan ‘n fliek in Sun City skiet, en alhoewel sy op die filmstel vir 3 maande moet wees, sê sy dat sy gaan aanbly totdat haar skote perfek is. Sy speel teenoor Adam Sandler in dié film – die eerste keer wat dié twee saamwerk in byna ‘n dekade.

Alhoewel die naam van die fliek nog nie beskikbaar is nie, sê sy dit is vergelykbaar met hul vorige films, 50 First Dates en The Wedding Singer.

The Wedding Singer50 First Dates

Drew sê dié film weerspieël die tydperk in haar lewe waarin sy haarself nou bevind. Dit handel oor ‘n paartjie wat na ‘n aaklige eerste afspraak mekaar weer by ‘n vakansie-oord ontmoet – maar dié keer is die kinders uit hul vorige huwelike ook daar. Drew en Adam wou lank reeds weer saam in ‘n film speel. “Dit was al waaroor ek en Adam kon praat. Ons bring die beste van mekaar na vore,” sê Drew.

Drew is in 2012 getroud met Will Kopelman, die seun van die vorige uitvoerende direkteur van Chanel, Arie Kopelman. Later daardie jaar het dié paartjie vir Olive verwelkom.

Bron: The Wall Street Journal