FOTO: Instagram  drewbarrymore

FOTO: Instagram drewbarrymore

Het jy gehoor?

Drew Barrymore en ander bekendes vier hul postbaba-lyfies

Vroue skenk skaars die lewe aan hul bondeltjie vreugde, dan word daar verwag dat hulle dadelik van die oortollige vetjies ontslae raak. Dié druk is selfs groter in Hollywood, maar nou sê bekendes soos Drew Barrymore dat hulle hul postbaba-lyfies vier. 

Aktrise Drew Barrymore (40) aan Glamour: “Ná twee baba’s … voel jy soos ’n kangaroe met ’n groot sak, alles hang en is vreemd. Maar jy dink hoe wonderlik dit is dat jy kinders kan baar.”

Aktrise Kerry Washington (38) aan Self: “Ek is regtig gefokus om nie na enigiets terug te gaan nie, maar om die beste weergawe van myself in die hede te wees. Daar het ’n wonderwerk in my lyf plaasgevind. Ek wil nie terugkeer na ’n prewonderwerk-fase nie.”

Hayden Panettiere (25) aan People: “Ek is steeds besig om uit te vind hoe swangerskap my lyf verander het: Wat is tydelik en wat is permanent. Maar ek weet dat sekere dinge nooit weer dieselfde sal wees nie.”

Blake Lively (27) aan BBC: “Die druk is daar, maar wie gee om? Daar is druk om die gewig te verloor of vroue is veronderstel om net ná hulle lewe geskenk het te lyk soos toe hulle 19 was. Ek dink dit is belaglik.”

Jennifer Lopez (46) aan The Telegraph: “Ek onthou dat ek net ná die geboorte van die tweeling ’n vreemde boepie gehad het – ek was soort van lief daarvoor, want ek het daai pensie verdien … Vroue is te hard op hulself. Niemand verloor dadelik al die gewig nie.”

Lees ook