FOTO: Instagram @drewbarrymore

Het jy gehoor?

Drew Barrymore se nuwe haarkleur

Die aktrise Drew Barrymore was een van die eerste sterre wat die ombré-haarkleur omarm het. Nou spog sy met ’n nuwe warm haarkleur. 

Drew het haar blonde ombré-lokke ingeruil vir ’n warm donkerbruin haarkleur.

Sy het dié nuwe haarstyl by haar vriendin Stella McCartney se modevertoning by die Londense Modeweek gewys.

FOTO: Instagram @stellamccartney

Die modeontwerper Stella (links) en Drew FOTO: Instagram @stellamccartney

Drew se blonde ombré-haarkleur:

Ons is mal oor Drew se skoonheidsfilosofie! Sy het in 2013 aan Into the Gloss gesê:

“Ons kan môre deur ’n bus omgery word en nou moet ons veilig en konserwatief wees. Nooit nie! […] Ek wil elke haarkleur probeer, ek wil my gesig in uitspattige kleure verf vir ’n M.I.A. (’n musiekgroep)-konsert …. Ek gee nie om wat mense dink of sê nie, ek wil lewe. Ek wil pret hê!

Bron: Huffington Post, Into the Gloss

Lees ook