FOTO: Instagram @drewbarrymore

FOTO: Instagram @drewbarrymore

Het jy gehoor?

Drew Barrymore se tweede dogtertjie is hier en haar naam is …

Aktrise Drew Barrymore en haar man, Will Kopelman, het gister ’n babadogtertjie ryker geword. Nou het ousus Olive (19 maande) ’n nuwe speelmaat.

Drew en Will het besluit om hul tweede dogter Frankie te noem, berig People. Die paartjie het ’n verklaring uitgereik om Frankie Barrymore Kopelman aan die wêreld bekend te stel. Ma en kind is gesond.

FOTO:  Instagram

In Drew se hangertjie is daar ‘n foto van Will en Olive
FOTO: Instagram @drewbarrymore

Die 36-jarige aktrise was dié keer meer openlik met haar swangerskap. Met haar eerste kind wou sy dit ’n geheim hou sover moontlik, maar sy sê dat dít net meer aandag op haar geplaas het. Sy het verlede jaar in Desember bekend gemaak dat sy swanger is met Frankie.

FOTO:  Instagram

TV-persoonlikheid Ellen DeGeneres speel met Olive
FOTO: Instagram @drewbarrymore

Sy was ook nie die keer skaam om haar swangerskap-cravings op sosiale media te deel nie!

Nóg bekendes se baba’s op SARIE.com