drew-barrymore-covers-harpers-bazaar-march-2013-01
Het jy gehoor?

Drew Barrymore se vreemde tydverdryf

Die 38-jarige aktrise het verlede week erken dat haar gunsteling tydverdryf ook seker haar vreemdste een is. “My gunsteling ding op aarde is om die meubels in my huis rond te skuif en te herrangskik. Dit kan enige tyd gebeur. Selfs snags! Daar is nooit vir my ‘n slegte tyd om jou huis te verander nie!” het sy aan Domaine Home vertel.

Haar dekor-wenke? “Ek het oor die jare geleer om meer geduldig en versigtig te wees voor ek iets vir my huis koop.” Sy koop ook net goed wat by haar styl pas – ‘n kombinasie van vintage en modern. As jy goed koop waarvan jý hou, sal dit baie keer bymekaar pas sonder dat jy daaroor hoef te dink.

FOTO: Domaine Home

FOTO: Domaine Home

Drew het verlede week ‘n reeks binnenshuise produkte op die aanlynwinkel  One Kings Lane bekendgestel. Haar bekende naam het seker gehelp dat dié reeks binne ‘n paar uur uitverkoop het.

FOTO’S: Bekendes se huise

Bron: Domaine Home en Huffington Post