FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Drew Barrymore is weer swanger!

Die 38-jarige aktrise Drew Barrymore is swanger met baba nommer 2!

Drew en haar man, die kunskonsultant Will Kopelman, het bevestig dat sy weer swanger is. En hulle het nie lank op hulle laat wag nie! Hul eersteling, Olive, is 13 maande oud. Olive is blykbaar baie opgewonde dat sy nou ’n ousus gaan word.

Almal het bespiegel oor of Drew swanger is toe sy die naweek met ’n lang los rok op die rooi tapyt verskyn het (sien die foto hier).

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Drew en haar man, Will Kopelman. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Verlede maand het Drew op die Jay Leno-kletsprogram gesê sy wil baie graag nog ’n kind hê. Die kinderster (sy speel al in films vandat sy 3 jaar oud is) is ’n enkelkind en het gesê sy wil graag vir haar dogter ’n ander lewe gee. “Ek wil hê die kinders moet saam in die motor sit en hulle oë vir my rol…”

Drew by die Jay Leno-kletsprogram. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Drew by die Jay Leno-kletsprogram. FOTO: Instagram

 

Geluk Drew en Will!

Bron: US Magazine