drew_barrymore_olive_debut_people_cover_1000
Het jy gehoor?

Drew Barrymore wys haar baba

Sy straal van geluk wanneer sy baba Olive in haar arms neem. Dit is haar eersteling saam met haar man, Will Kopelman. Baba Olive is in September gebore, 3 maande ná Barrymore en Kopelman getroud is.

“Ek kon vir twee weke nie eet of slaap nie, ek was só op my senuwees. Daar’s ongelooflike hoogtepunte en dan daardie angs van ‘hoe gaan ek ‘n mens aan die lewe hou?'” het Drew vertel.

Maar Will het haar gehelp om ‘n liefdevolle, koesterende huis vir baba Olive in te rig.

“Ek wou vir Olive ‘n tradisionele huis gee. Will kom uit ‘n só ‘n familie en hy wil dit ook vir sy dogter hê,” het sy vertel.

“Ek is ook mal oor die idee dat sy nooit iets hoef te doen waarin sy nie belangstel nie. Sy kan enigiets doen wat sy wil. Ek sal wel verbaas wees as sy nie in kos, wyn of kuns belangstel nie, maar dit is ook oukei,” sê sy.

En die naam?

“Ons het ‘n bababoek saam gelees, en in daardie stadium was ek 3 maande swanger. Volgens die boek sou ons baba toe die grootte van ‘n olyf wees. En toe het ons dit!” vertel sy.

Meer foto’s by Dailymail.co.uk