angelo
Het jy gehoor?

Droommakers!

 

Die Suid-Afrikaner Angelo Henry het reeds baie drome waar gemaak. Hy het al marathons op die sewe kontinente van die wêreld voltooi en gaan op 7 April sy ys-marathon op die Noordpool, `n bevrore Arktiese oseaan, aanpak. Die geld wat hy hiervoor insamel, skenk hy aan die liefdadigheidsorganisasie Reik na `n Droom. Skenkings kan gemaak word aan www.angelo-northpole-marathon.com of besoek die webtuiste by www.doit4charity.org.za  en klik op die skakel links om aanlyn geld te skenk. Besoek ook www.reachforadream.org.za

* Nóg `n Suid-Afrikaner met groot drome, is Heather Proudfoot van Claremont. In April gaan sy ses dae lank (sowat 20 km per dag) die Groot Muur van China te voet aflê en op dié manier sowat R15 000 vir Reik na `n Droom insamel. Besoek www.wallofchinachallenge.org