FOTO: Charl Smith van Agapé Studio

FOTO: Charl Smith van Agapé Studio

Het jy gehoor?

Duane ‘Thor’ Vermeulen gesels oor rugby en familie

‘Ek háát verloor’ Hy is ’n verbete teenstander op die rugbyveld, wat nie gaan toelaat dat ’n nekbesering hom uit die Wêreldbeker hou nie. Maar Duane Vermeulen raak ook tranerig as Coach praat voor ’n wedstryd. 

Wat staan vir jou uit van daardie oomblik net voor jy op die veld draf?

Kyk, sommige ouens speel rugby sonder emosie. Ek is nie so nie. Coach [Heyneke Meyer] … van sy spanpraatjies … dit raak ’n ou nogals diep. Dan sit ’n ou maar so en jou oë raak tranerig en jy kan dit nou nie voor die manne wys nie. Nee, hy kry jou op só ’n plek jy voel jy sal deur ’n muur hardloop vir daardie ou.

Maar as dit al so gaan in die kleedkamer, wat van wanneer die volkslied begin speel?

Dis lekker, maar dis soveel anderster in jou eie land. Hier sing jy dit saam met jou mense. As jy dit hoor, daar’s geen beter gevoel nie. As jy oorsee is … daar’s ander goed wat jou dan motiveer. Jy verteenwoordig jou land. As jy so opkyk … jy pick maar ’n handjievol mense, kyk vir hulle en laat waai!

FOTO: Charl Smith van Agapé Studio

FOTO: Charl Smith van Agapé Studio

Jy’s bekend daarvoor dat jy hárd speel; nie sal skroom om jou lyf op die spel te plaas nie. Daarvan getuig die Spelers se Speler van die Jaar-trofeë hier tussen die ander …

’n Ou kan nie op die veld huiwer nie, dan’s die volgende besering om die draai. Dis mos daai kompeterende ding in my. My pa het altyd gesê: ‘Daai stukkie grond waarop jy staan, daai vier lyne, dit defend jy.’ Ek háát dit om te verloor. My ma vertel toe ons klein was, het ons ’n kaartspel, Uno, gespeel, en as ek verloor, was ek óp. Jy voel sommer al die ouens is téén jou. Maar deur die jare het ek daardie gevoel begin gebruik as motivering om juis beter te doen. Hulle sê wen of verloor. Ek glo wen of leer.

Hoe het jy gevoel toe jy hoor Ezel verwag ’n seuntjie?

Nee, ek was redelik bly . . .

Ezel: “Duane het flippen só hoog gespring!”

Ek wou hê die eerste een moet ’n seuntjie wees. As daar dan later ’n sussie is, is daar ’n beskermende figuur wat altyd kan help . . .

Dis snaaks, ek het al gesien hoe ’n ou mature die dag dat hy kinders kry, veral in rugby. As jy nog nie kinders het nie, is jy . . . ek sal nie sê arrogant nie, maar jy luister nie. Kinders leer jou meegee; jy praat op ’n ander manier met mense.

FOTO: Instagram  (@customs08)

FOTO: Instagram (@customs08)

Laat jou seuntjie jou nie soms terugdink aan jou eie kindertyd nie? Dit moes swaar gewees het toe jou pa klierkanker gekry het …

Ja-a-a … maar ’n ou’s jonk, jy verstaan nie. Ek kon so half sien dinge was nie meer dieselfde nie . . . my ma wat soggens die werkers trekkers toe te vat, hy wat in die bed bly lê, sy hare wat uitval. Jy vra vrae, maar jy kry nie altyd antwoorde nie. Alles was net te vinnig, te besig. En daar was niemand anders van die familie daar nie, geen support structure nie.

Ek onthou die dag.

Dit was oggend … ek is skool toe, standerd een. In die middae wanneer my pa die werkers gaan aflaai op die dorp, het ek altyd sommer saam teruggery. Maar dié middag sit ek en sit ek en niemand kom laai my op nie.

Toe kom daar ’n ander ou – eers wou ek nie saamgaan nie, hy moes my ma bel. En toe kom ons by die plaas en die ambulanse staan. Ek het ingehardloop, ek wou my pa gaan soek. Maar die huishulp het my in die gang gestop en gesê nee, ons moet uitkom.

Duane Vermeulen en sy klein Anru FOTO: Twitter

Duane Vermeulen en sy klein Anru
FOTO: Twitter

Dood is nie vir my lekker nie. En dis vir hom wat jy speel, het jy al gesê. Want hy’t self ’n bietjie gespeel – Boland, nè. Nou, sonder om te dink, wat is jou allerbeste oomblik óóit in rugby?

Ellispark verlede jaar, die 82ste minuut. Ek steel die bal, die penalty-fluitjie blaas, en Schalk val oor my en sê: ‘Dis verby, dis verby …’

Hierdie is ‘n uittreksel uit die Oktober-uitgawe van SARIE wat nou beskikbaar is. Laai die volledige artikel HIER af.

Lees ook