video

Jan, Siya en Jaco. FOTO Instagram (@bokrugby)

Het jy gehoor?

Duisende het al dié video’s gekyk, moenie dit misloop nie!

Van die Springbokke se aankoms in Kaapstad en ontmoeting met Allister Coetzee, tot Armand Aucamp se dubbelganger, daar is baie video’s wat vandag ons aandag trek.

Kyk saam!

#LoveRugby

In Mei het die Springbokke by die Kaapstad Internasionale Lughawe bymekaargekom om Allister Coetzee vir die eerste keer te ontmoet. Maar Allister het vir hulle ’n verrassing gehad: hulle gaan nie per bus na Stellenbosch vertrek nie. Hulle moet op eie stoom daar kom.

Hulle is in spanne verdeel en moes spesiale take afhandel om by Stellenbosch uit te kom vir hul oefening. Al wat hulle gehad het, was mekaar, hul selfone, een videokamera en wel, die vriendelike mense van Kaapstad.

Kyk na die video om te sien wie hulle ontmoet het en watter plannetjies hulle moes maak om betyds te wees vir hul eerste spansessie op Stellenbosch.

 

Armand Aucamp vs. Matthew Mole

“Run” is die eerste liedjie op Matthew Mole se album, Run, wat oor twee dae bekend gestel word. In hierdie video sien jy vir Armand Aucamp, wat ’n groot aanhanger van Matthew is (en ook ’n bietjie soos hy lyk) en wat probeer om Matthew te wees. Bouwer Bosch het die video gemaak.

Kyk hier hoe Armand vir Matthew na-aap:

 

Hoe om ’n bekende komponis soos John Williams te ontmoet:

John Williams is ’n wêreldbekende komponis. Het het die musiek geskryf vir trefferfilms soos Jaws, die Star Wars-reeks, Superman, E.T. the Extra-Terrestrial, die Indiana Jones-reeks, Jurassic Park, Schindler’s List, asook die eerste drie Harry Potter-flieks!

John Williams het dus nie ’n tekort aan aanhangers nie. Die twee seuns in die video hieronder, Bryce Hayashi (13 jaar oud) en Michael Miller, het voor John se huis gaan staan en die bekende Star Wars-temalied gespeel.

In die video sien jy hoe John by sy voordeur uitkom en aan die einde van die liedjie die seuns gaan groet. John is vanjaar deur die Amerikaanse Filminstituut vereer vir sy lewenslange bydrae. John is ook die mens met die naasmeeste Oscar-benoemings – hy is 50 keer benoem! – agter sy naam (Walt Disney het die meeste).

 Wat heeldag in jou kop gaan wees: “Syyyyyy”

Dit is die vierde liedjie op Die Heuwels Fantasties se album Ja.Nee.Lekker. In die video sien jy Elani Dekker wat in die nuwe romantiese tienerkomedie Jou Romeo te sien gaan wees. Die prent begin op 23 Desember vanjaar draai.

Bronne: Wikipedia

Lees nou

Franja du Plessis se eerste musiekvideo

Dít is wat vroue regtig wil hê! Kyk die video hier

Die 1ste liedjie van Sy Klink Soos Lente is hier!