Het jy gehoor?

Dunay deel nóg ‘n kosbare FOTO van Kyrah

Dunay en Kurt se kleinding is vandag net oor ‘n maand oud. Sy is op 10 November gebore. Dunay het vandag dié kosbare foto van haar en klein Kyrah op Instagram gedeel.

kyrah2

“Slaap lekker teen mamma se bors… DIE BESTE gevoel in die wêreld!! #daughter #babygirl #babylegends#wrap #pink #chest #sleep #best #blessing #thankful#priceless”

‘n Vroeër foto van Kyrah

kyrah

 

Waarna sien Kurt uit?

In ’n onlangse onderhoud met SARIE het Kurt gesê dat hy die meeste daarna uitsien om met sy dogter te dans:

Ons eerste dans, met haar voetjies op myne. Ek wil my dogtertjie grootmaak met goeie maniere. Ek gaan meer verskonings soek om by die huis te bly. Dit beteken egter nie ek gaan vertonings afskaal nie. Dunay sal dit nooit van my verwag nie.