duran_duran
Het jy gehoor?

Duran Duran se toer na Suid-Afrika gekanselleer!

Die musieklegendes Duran Duran se toer na Suid-Afrika is gekanselleer! Dié konserte waarna vele aanhangers so uitgesien het, sou onderskeidelik op 8 en 9 Desember by Carnival City in Brakpan en GrandWest in Kaapstad plaasgevind het.

Die redes vir die kansellasie is nog vaag, maar bespiegelings oor swak kaartjieverkope en ook nalatigheid in terme van die kontrak deur die toerpromotor is aangevoer as moontlike redes. ‘n Volledige persverklaring sal nog deur die agent van die popgroep uitgereik word.

Die groep se agent het wel ‘n verklaring uitgereik dat hulle reeds besig is om alles in hul vermoë doen om te herskeduleer en ‘n tyd in 2011 te vind wat almal pas. Hulle glo met meer tyd sal die kaartjieverkope styg. Dié toer sal dan deel vorm van Duran Duran se wêreldtoer volgende jaar.

Aanhangers wat reeds kaartjies vir die konserte het, kan hul geld by enige Computicket-tak terugeis. 

Volgens die hoofsanger van dié Engelse groep, Simon le Bon, voel hulle bitter sleg dat hulle hul aanhangers in Suid-Afrika in die steek laat, want hulle besef hoe baie mense na die konserte uitgesien het. Die groep vra verskoning vir enige ongerief weens die kort kennisgewing.

Dié toer sou Duran Duran se eerste in jare gewees het en die vrystelling van hul nuutste album, All You Need is Now.

Ons hou duime vas dat Duran Duran Suid-Afrika wel aan die brand kom sing in 2011!

 

  • http://rsyiwchcevmo.com/ jiroqajo

    2weEQ5 hoyidcvxoyte, [url=http://kzzzzipgpyfv.com/]kzzzzipgpyfv[/url], [link=http://bwzxadndznkb.com/]bwzxadndznkb[/link], http://cphcqtitykfh.com/