FOTO Instagram / @kimkardashian

FOTO Instagram / @kimkardashian

Het jy gehoor?

Duurste musiekvideo’s in geskiedenis

Die kletsrymer Kanye West, oftewel Kim Kardashian se man, het vroeër vanjaar Ysland toe gevlieg om ’n musiekvideo vir sy lied “Highlights” te gaan skiet. In tipiese Kanye-styl het hy besluit om dit sommer op Ysland se berge te gaan verfilm, helikopter en al! Kim, ousus Kourtney en hul vriendekring was saam. Hoe dan anders?

Jy sou reken só ’n oefening sal die duurste musiekvideo in die geskiedenis verseker, maar aikôna, die ontslape Koning van Popmusiek, Michael Jackson, het daarvoor gesorg. Menige keer.

Michael en sy jongste suster, Janet Jackson, se 1995-musiekvideo Scream het $11 miljoen (sowat R157 miljoen) gekos. Die regie is behartig deur die Hollywood-regisseur Mark Romanek, wat die rolprente One Hour Photo en Never Let Me Go gemaak het.

Die naasduurste musiekvideo is Madonna se Express Yourself, wat $9 miljoen (sowat R130 miljoen) gekos het! Die Oscar-benoemde David Fincher het die regie behartig.

Die derde duurste musiekvideo behoort ook aan Madonna. Vir die James Bond-rolprent Die Another Day se gelyknamige temalied het Madonna groot gegaan met ’n koste van $8 miljoen (sowat R115 miljoen).

In Suid-Afrika het musiekvideo’s soos Bok van Blerk se De La Rey en Tyd om te trek onderskeidelik R30 000 en R150 000 gekos.

“Daai tyd was goed anders,” vertel Sean Else, regisseur, draaiboekskrywer en liedjieskrywer, aan Fanie Cronjé.

“Kunstenaars het meer as ’n 100 000 albums verkoop. Maar hulle maak nie vandag meer daardie tipe geld nie. Die mark het verander. Sangers kan dus nie meer daai tipe geld betaal om sulke duur musiekvideo’s te maak nie.”

Kanye se musiekvideo’s vir “Stronger” en “Touch the Sky” is onderskeidelik 28ste en 37ste.

Kyk net hoe hul uitstappie na Ysland gelyk het:

Chillin’ on a glacier. Literally. A photo posted by Kourtney Kardashian (@kourtneykardash) on

  Do you want to build a snowman?   A photo posted by Kourtney Kardashian (@kourtneykardash) on

Icey A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Lees nou

Die band wat Die Heuwels Fantasties se kollig gesteel het!

Rolanda Marais se babamagie

Justin en Britney – kan dit wees?