FOTO Instagram / @therock

FOTO Instagram / @therock

Het jy gehoor?

The Rock is ‘Sexiest Man Alive’

Met sy kaalkop, tatoeëermerke en gebulte spiere is Dwayne Johnson, oftewel The Rock, aangewys as People se Sexiest Man Alive.

Verlede jaar het die Engelse sokkerspeler David Beckham die titel verower en die jaar voor dit was die Australiese akteur Chris Hemsworth nommer 1.

Dwayne het omtrent ’n goeie jaar en is ook onlangs deur Forbes aangewys as 2016 se hoogs betaalde akteur. Hy het sover $64,5 miljoen (sowat R919 miljoen) verdien.

dwanye-johnson-2000sq

 

Dwayne se Disney-animasieprent Moana word binnekort uitgereik. Hy leen sy stem vir een van die hoofkarakters.

Kyk die lokprent hier:

Dié titel is vir hom nie so belangrik soos die titel van pa en lewensmaat nie. Vir die afgelope 9 jaar is hy in ’n verhouding met Lauren Hashian. Die paartjie het een dogtertjie, Jasmine, saam. Hy het ook ’n 15-jarige dogter, Simone, uit ’n vorige huwelik.

 

Hier’s ’n paar foto’s uit Dwayne se album:

By die vrouetydskrif Glamour se jaarlikse Glamour Women of the Year Awards is die Amerikaanse sanger Gwen Stefani aangewys as die vrou van die jaar. Sy en haar kêrel, country-sanger Blake Shelton, het die hele aand handjies vasgehou en skelm soene gesteel.

Thanku @glamourmag Gx #powerful #inspired A photo posted by Gwen Stefani (@gwenstefani) on

Lees nou

5 goue reëls om jou meubels te rangskik

Maklike gids: Kry jou somerlyf só