SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

Het jy gehoor?

Eagles se Glenn Frey sterf

Hy kon jou eenklaps met sy kitaarspel en stem betower. Die talentvolle musikant Glenn Frey, ’n stigterslid van die Eagles, het vandag in die ouderdom van 67 gesterf.

Glenn het die afgelope paar maande erge dermkwale beleef en sy gesondheid het vinnig agteruitgegaan, berig CNN.

Hy het, as lid van die Eagles, ses Grammy-musiektoekennings gewen. Die lied “Take it Easy” word beskou as een van Glenn Frey se beste oomblikke, berig Rolling Stone.

Lees ook