Het jy gehoor?

Eat Pray Love–parfuum!

Eers was dit Elizabeth Gilbert se persoonlike ervarings wat later ‘n boek geword het. En met die gewildheid van die boek is besluit om dit in ‘n draaiboek te omskep vir die fliek Eat Pray Love, waarin Julia Roberts die rol van Elizabeth vertolk. Nou is daar ook Eat, Pray, Loveparfuum deur die skoonheidshuis Fresh!

Dié van julle wat al die boek gelees het, sal weet dat Eat Pray Love besonders beskrywend is. As Gilbert ‘n pizza eet, eet jy saam! Jy was al Italië, Indië en Indonesië toe saam met Gilbert.

Eat, Pray en Love is nou ook drie afsonderlike parfuums. Dit is spesiaal ontwerp sodat jy al drie gesamentlik of afsonderlik kan dra!

Die parfuum Eat is ‘n vars kombinasie van suurlemoen, basiliekruid, roos, karamel en vanielje-geure. Eat is natuurlik geïnspireer deur Gilbert se reis na Italië.

Pray bevat wierook-, pienk peper-, jenewerbessie- en jasmyn-note. Meer speseryagtig en eksoties, geïnspireer deur haar besoek aan Indië.

Love is ‘n keurige kombinasie van sandelhout, jasmyn en amberreuke. Love se tropiesevrugte-geure soos bergamot en mango is geïnspireer deur haar besoek aan die Indonesiese eiland Bali.

Die fliek Eat Pray Love begin 8 Oktober by NuMetro-teaters wys.

Bronne: www.refinery29.com,numetro.co.za en fresh.com

EAT, PRAY, LOVE-PARFUUM!

verpakking van die reukwater

  • Thea Grobler van der Nest

    Dis ‘n wonderlike kombinasie – nou kan ons net meer met die boek assosieer en Elizabeth se wedervaringe meemaak – is die parfuums al in SA beskikbaar, waar?

  • Rasel

    Ich habe den Eindruck, dass die Formatfrage weniger wicithg ist, da der kundige Kunde sicherlich auch den einen oder anderen Umformatierungsweg in Anspruch nehmen wird, wenn es denn n tig sein sollte (wobei ich hier PDFs f r den schlechtesten, weil unflexibelsten Weg halte). Wichtiger d rfte sein, B cher berhaupt zu digitalisieren. Denn offensichtlich entstehen Raubkopien ja gerade dann, wenn die Kunden kein entsprechendes Angebot finden. Man muss also erst einmal eine kritische Masse erzeugen. Aber so lange nicht einmal die Spiegel-Bestsellerliste komplett als E-Book zu haben ist, darf man sich nicht wundern, wenn die Leute nicht anspringen.Hier sehe ich aber auch die gro en Anbieter in der Pflicht. Es ist eine Qual, deutsche E-Books bei Amazon zu finden. Warum sind die deutschen Titel nicht schon l ngst auch bei Amazon gelistet? Wer blockiert hier die deutschen Verlage oder Amazon?