FOTO: Instagram @nicolescherzy

FOTO: Instagram @nicolescherzy

Het jy gehoor?

Ed Sheeran se Va Va Voom-meisie

Ons is mal oor die Britse rooikop-sanger Ed Sheeran. En dit wil nou voorkom of hy en die sexy sangeres Nicole Scherzinger ’n paartjie is!

Ed het al ’n string bekende vroue aan sy sy gehad – van die model Barbara Palvin tot die sangeres Ellie Goulding.

Maar nou berig The Telegraph dat dit lyk asof die Amerikaanse sangeres en The X Factor-beoordelaar Nicole Scherzinger nou sy oog gevang het.

Die 37-jarige Nicole en die 24-jarige Ed is al vir ’n geruime tyd vriende, maar as ons die oorsese media moet glo, het dié vriendskap in ’n romantiese verhouding geblom.

 

Okay okay you win @teddysphotos, you’re taller #UOENO

 

A photo posted by Nicole Scherzinger (@nicolescherzy) on

Nicole het voorheen met die renjaer Lewis Hamilton uitgegaan.

Lees nou