couchpage
Het jy gehoor?

Eden se Johan wys sy nuwe baba

Hul ouer seun, Joshua, is amper drie. Hulle is baie opgewonde oor die nuweling. Hulle is ‘n baie hegte gesin en Rencha (Rennie) gaan oral saam met Johan.

Johan lag en sê as hy dit kon bekostig, sou hy graag sy eie rugbyspan wou hê!

“Ek hoop dat die twee manne ‘n lewe vol vreugde sal hê. Dat hulle die geleenthede sal kan hê wat ek gehad het om my drome te laat waar word,” is sy wens vir sy seuntjies.

Eden het onlangs aangekondig dat hulle ná meer as 10 jaar saam nog net tot einde April gaan optree.

Hulle gaan wel volgende jaar ‘n nuwe album saam opneem – dit is darem nog nie die einde van Eden nie.

Baba Raphael en ouboet Joshua

Raphael en Joshua

  • Gerda Wahl

    Geluk, Johan en Rencha! Julle is absoluut geseënd met twee pragtige en gesonde seuns!

  • Dorinda

    Geluk Johan en Rencha. Hulle is pragtig.

  • Bronwyn

    Ag moeder, kyk net daai frons! Te oulik!

  • Kitty

    Baie geluk, Johan en Rencha! Geniet hulle tweetjies! Mooiste seenwense vir julle gesinnetjie!

  • Mart Perkins

    Baie geluk, Hy is pragtig lyk nes sy pappa Lovies xxx