FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Een jaar later: Só bly Andriëtte Norman op haar doelgewig

Andriëtte Norman is propvol planne. Daar is nog nie ‘n naam nie, maar in Februarie 2013, gaan Andriette (25) van Brackenfell, Kaapstad, naaswenner van Idols in 2007, haar vierde album uitreik.

Haar eerste album, Diamant, beskryf sy as pop-kontemporêr. Verlede jaar het sy Vat my hoër uitgereik. Nóú is haar styl bloot kontemporêr. “My lirieke is dieper. Ek hou van sielsmusiek.”

Haar nuwe album sal veertien liedjies bevat met lirieke deur onder andere Rudi Claase, Johan Oberholzer en ‘n duet wat Chris Chameleon vir hulle geskryf het. Sy gaan ook twee liedjies self skryf (een van hulle saam met Helmut Meijer). Laasgenoemde gaan ook die produksie van die CD behartig.

“Ons begin in September opneem aan my nuwe album. Dan is daar ook Skouspel in Oktober. ‘n Groot hoogtepunt in my musiekloopbaan. Ek is so opgewonde. Daar is net ‘n sekere vibe rondom dit. Ek was al van 2008 tot 2010 bevoorregd om daar op te tree. Dis so spesiaal om voor 5 500 mense in die gehoor en daai groot orkes in die agtergrond te sing. Die gees is elektries.”

En sy sien baie uit na die mooi rokke wat hulle gaan dra. Veral met haar “nuwe” lyfie.

“Ek bly weg van brood en suiker en eet ook nie meer saans enige stysels soos rys of brood nie. Groente en ‘maer’ vleis is maar die antwoord. Ek oefen boonop vier keer per week met `n persoonlike afrigter. Dis die beste ding wat ek ooit kon doen. Dit het my sowat ‘n jaar geneem om die gewig af te skud en ek handhaaf dié gewig nou al sowat n jaar lank. Ek wou dit stadig doen sodat dit ‘af’ bly.”

Die lekkerste is dat sy nou kan dra net wat sy wil want sy voel selfversekerd en alles lyk goed.

Sy voel boonop gesond en het woema vir haar vol konsertprogram. “My dagboek is vol konsertvertonings regoor die land vir die res van die jaar.”

Maar eers wil sy haar nou toespits op die maak van haar nuutse album. “Ek is ontsettend opgewonde oor my musiek. Ek wil vir mense vertel wat my gelukkig en hartseer maak. Dis vir my lekker as mense saam met my meegevoer raak en daarom wil ek musiek maak wat mense se harte week maak, wat hulle laat nadink . . .”

  • Karin

    Hierdie is vir my een van ons oulikste sangeresse op die oomblik. Goeie stem, baie oulike persoonlikheid.

  • Mariehet Prinsloo

    Sy Lyk Pragtig.

  • RINDI SCHEEPERS

    Andriette jy lyk so goed. Inspirasie vir ander!!

  • Elnette van Eeden

    Sy is net pragtig binne en buite!!!

  • Jennilee Sale

    ‘n pragtige kind met haar voete op die aarde…hou so aan! Jy is pragtig en lyk wonderlik

  • Karinvr

    Sy is pragtig en haar stem ook!

  • Ronel

    Pragtig en sy lyk soooo goed !

  • Sanette Oosthuizen

    my liefling sangeres in SA op hierdie stadium

  • Joey Venter

    Jy lyk baie goed. Jy het my geinspireer.
    Ek gaan probeer en kyk wat gaan gebeur. Hou so aan!!!
    Jy lyk stunning

  • Oom André

    Pragtige mens, pragtige geaardheid, pragtige stem, pragtige liedjies…………… "my kind of girl".

  • Lettie

    Sy is pragtig.Lieflike stem,

  • Charmaine Nagel

    Asemrowend!. Jy is ‘n pragtige mens van binne en buite.Pragtige stem en geniet terdee jou musiek.
    Sien baie uit na jou nuwe CD. Jy gaan baie groot sukses nog behaal in die toekoms – jy straal altyd.

  • Johan Beneke

    Vir so ‘n klein mark het ons darem vrek baie sangers. Meeste van hulle, nie noodwendig die dame nie, woel rond tussen banaal en geteem, met weinig tussen. Nogtans koop ons hulle produk.

  • nikki

    Jy lyk stunning . Ek is natuurlike een van jou groot fans !

  • Glodine

    Dit is nie haar derde album nie maar haar vierde! Haar tweede album se titel is "Dink aan my". Sy is pragtig ek is ook mal oor haar.

  • Maryke van SARIE

    @Glodine. Dankie dat jy ons fout uitgewys het! Ons het dit so in die kopie verander. Jammer hieroor!

  • Veronica Scheepers

    Jy is ons inspirasie, pragtig en n baie mooi, opregte kind om op trots te wees. Hou so aan – jou musiek is awesome om na te luister.

  • Trudi

    Jy is ‘n pragtige vrou – BLY soos jy is !! EN dan sing jy ook nog baie mooi….. Trots om te sê jy is Afrikaans.. !

  • Theo

    Mooi bly maar mooi. Dan kan sy nog sing ook. Soos hulle se : Liewe Jesus het afgeshow toe Hy vir Andriette gemaak het

  • Malinda Olivier

    Mal oor haar ! Sy lyk stunning !!!!!!

  • Engela

    Andriette, Fenomenaal!!! Jy is spesiaal!

  • oom Flip en tannie Louisa Basson

    Andriette,kind sedert idols wat jy MOES gewen het, kyk diem tannie en ek na jou en luister na jou musiek. Jou pragtige stem,glimlag en net om jouself te wees,soos jy is,plat op die aarde almal met respek te behandel verdien jy ook al die respek van ander.
    Nou is jy nog mooier ,en as ek nie so oud was nie het ek jou gevra of jou pa nie ‘n skoonseun soek nie.
    JY IS PRAGTIG EN ONS IS LIEF VIR JOU