david_kramer
Het jy gehoor?

Een paar velskoene vir 33 jaar, sê David Kramer

Die sanger David Kramer en rooi velskoene gaan so goed saam soos sout en peper. Maar het jy geweet David dra al vir 33 jaar dieselfde paar skoene?

In ’n inskrywing op Facebook vertel dié musiek-ikoon hoe hy in 1974 vir Boet van der Hoven op Worcester ontmoet het. Boet het kuns gegee by die Hugo Naudé-kunssentrum op die dorp en hulle het goeie vriende geword.

In die 80’s het David ’n konsert op Oudtshoorn gehou en Boet het as geskenk vir hom ’n paar rooi velskoene gegee. Die einste paar wat David vandag steeds dra!

 

FOTO Facebook/ David Kramer

FOTO Facebook/ David Kramer

Om dankie te sê het hy vir Boet ’n kort vers geskryf:

“Tjikkeling, tjikkeling, tjikkely
Een vir ’n geel pampoen
Twee vir ’n rooi velskoen
Hoe lekker kry ek nou”

Dieselfde vers het later in sy treffer “Stanley en die koei” verskyn.

“In 2003 is Boet oorlede. Maar wanneer ek my rooi velskoene aantrek, dink ek aan hom. Dankie, Boet.”

- David Kramer