The Duke And Duchess Of Cambridge Depart The Lindo Wing With Their Daughter
Het jy gehoor?

Eerste amptelike foto’s van prins George en sy nuwe sussie

Die eerste amptelike foto’s van prins George en sy suster, prinses Charlotte, is bekend gestel. 

In dié vier foto’s kan ons sien dat klein George reeds baie geheg aan sy nuwe sussie is.

Kate, die hertogin van Cambridge, en trotse ma het dié foto’s self geneem. Hiermee het die koninklike gesin weer bewys dat hulle hulself nie aan die tradisionele verbind nie. In 2013 het Kate se pa die eerste amptelike foto van George geneem, eerder as ’n professionele fotograaf soos wat die gewoonte is.

Photo1B--a Photo2B--z Photo3B--a Photo4B--a

Die paleis het bevestig dat prinses Charlotte Elizabeth Diana van Cambridge op 5 Julie gedoop word.

Bronne: Hello! en @Kensington Palace Instagram