FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

EERSTE FOTO: Christina Aguilera se baba, Summer

Die 34-jarige sangeres Christina Aguilera en die musikant en filmmaker Matthew Rutler het verlede jaar ’n opwindende jaar gehad – nie net het hulle verloof geraak nie, hulle het ook hul dogter, Summer Rain, verwelkom.

Summer Rain is sedert haar geboorte in Augustus nog nie veel in die openbaar gesien nie, maar Christina is nou reg om haar kleinding vir die wêreld te wys.

Sy het dié foto van Summer met haar sowat 13 miljoen Twitter-volgers gedeel met die boodskap dat sy in haar ma se voetspore gaan volg.

Christina het tydens haar swangerskap dié foto’s vir  V Magazine geneem. Baie mense was mal hieroor en ander het weer gemeen sy wys té veel.

FOTO: Brian Bowen Smith vir  V Magazine

FOTO: Brian Bowen Smith vir V Magazine

Christina het ook ’n 7-jarige seun, Max, uit haar vorige huwelik met Jordan Bratman.

Christina met Max net na sy geborote

Christina met Max net na sy geborote

Bron: Huffington Post