jes
Het jy gehoor?

EERSTE FOTO: Jessica Simpson se baba-seun

Die trotse ma het haar en die voetbalspeler Eric Johnson se 2 maande oue baba vir die eerste keer op die voorblad van Us Weekly gewys. Hulle is verseker ‘n pragtige blonde gesin!

“Met twee kinders onder die ouderdom van 2 het ons ons hande vol, maar elke dag is ‘n avontuur,” sê dié 33-jarige sangeres en mode-ontwerper. “Dit is pret! Ek geniet dit ten volle om ‘n ma te wees.”

Jessica Simpson

FOTO: Jessica het dié foto van Maxwell op haar Twitter-blad gedeel

Jessica sê sy is vir nou tevrede om net twee kinders te hê. Die paartjie het nie op hulle laat wag nie, want Maxwell is net bietjie meer as ‘n jaar ouer as Ace. “Swangerskap is moeilik, veral as dit so naby mekaar is, maar dis ‘n groot eer en vreugde. In my hart voel ek ek is nou klaar. Maar wie weet, ongelukke gebeur,” skerts sy.

Alle oë op Jessica se gewig

Jessica het ná die geboorte van Maxwell 27 kg met behulp van Weight Watchers verloor en dié dieet gevolg tydens haar swangerskap met Ace.

FOTO: Jessica en Eric Johnson

“Met die eerste swangerskap het ek geëet wat ek wou en ek het dit regtig geniet. Hierdie keer, omdat ek steeds die Weight Watchers-benadering gevolg het, het ek baie gesonder gevoel,” het Jessica aan Ellen DeGeneres op haar kletsprogram gesê.

Jessica Simpson verloor 18 kg in 4 maande – foto

Arme Jessica het omtrent druk om haar gewig te verloor, omdat sy die gesig van dié dieetprogram is. Volgens haar kontrak moet Jessica viets en fiks bly, anders verloor sy haar kontrak en met dít miljoene dollars …

Bron: E! Online