brandt_paula_halflyf
Het jy gehoor?

Eerste foto’s: Steve terug in 7de Laan!

Steve was voorheen ook in dié rol as die Hillside Times se waarnemende redakteur in die gewilde SABC2-sepie. In daardie stadium was hy en Paula verlief, maar hy moes vlug vir ’n motordiefstalsindikaat wat hom wou doodmaak.

Sedertdien het die twee mekaar nog nie weer gesien nie, en Paula het pas verloof geraak aan Altus. Maar dis waar die moeilikheid eers begin…

Brandt maak sy verskyning Donderdag, 16 Augustus 2012, wanneer hy by Paula kom aanklop vir hulp en skuiling, want hy is weer eens in die moeilikheid. Paula steek hom dan in haar losieshuiskamer weg sonder om vir enigiemand daarvan te vertel. Sy sê nie eens vir Altus nie.

Kykers sal maar moet wag en sien of die ou gevoelens tussen Paula en Brandt weer gaan opvlam. Om nie eens te vra wat Altus gaan doen as hy hiervan uitvind nie!

Steve is vanaf 16 Augustus 2012 te sien in 7de Laan op SABC2 om 18:30

Brandt in Paula se kamer. Brandt in Paula se kamer, waar hy wegkruip.
  • Alta Pretorius

    Jipppiieeee! Nou het ek weer rede om 7de Laan te kyk! Ai tog, WEET die arme Altie wat vir hom wag? Wie staan ‘n KANS met Brand in die prentjie?

  • Lin V

    Ai toggie, hier begin die hele driehoek vir arme Altie van voor af! Hoop Paula hou kop hierdie keer! Laat Steve eerder Gita aanpak! Die twee sal formidabele paartjie uuitmaak!

  • Ronel

    Ek kan nie meer wag nie! Nou gaan die storie weer n bietjie lewe kry! You go Steve. Jy is die beste!

  • Magdel

    HIEEE HAAAAAAA! SO opgewonde! Uiters vervelige 7de laan kry bietjie je nais se quoa!!!

  • Nadené Randall

    Ahhhhhh Cooolll….Arme Altus…..maar yay nou gaan 7de laan weer kook…..

  • Meraai

    Die liefdesintriges van Altus en Paula begin raak nou bietjie dik vir daalder en vervelig. Laat die 2 tot trou kom en klaar. n Storielyn tussen Steve en Gita sal iets wees om te sien, veral as iemand `n slag vir Gita op haar neus wil laat kyk!!

  • Tania Cronjé

    Ek stem laat hy eerder vir Gita aan pak

  • Roelf Campher

    Jammer, maar hierdie sepie staan my gladnie aan nie. Wie vry met wie en wie kuier by wie? Dit is soos ‘n baie klein dorpie war elke ou ‘n kans kry… Jammer, maar dit het niks om die lyf nie. Steve se verlede maak dit dan ook nog moeiliker om lyf aan die sepie te gee.
    Swak, swak swak…. maar dan, ek is nie ‘n akteur nie. Wil net my kinders grootmaak soos wat ek grootgemaak is.

  • VI

    Dis sommer stupid!! dat Gita weg kom met al haar knoeiery. Wanneer word sy dan vasgevang. Slegte invloed op mense wat soos sy is, en sal hulle laat dink jy kan daarmee wegkom.

  • Monica

    Die skrywers van hierdie sepie weet nie meer watter kant toe nie. Tenminste sal Steve weer n bietjie lewe blaas in die afgesaagde sepie. Ek dink egter 7de Laan is lankal verby sy vervaldatum.

  • BERNICE

    KYK EK SAL SELF VIR BRAND IN MY KAMER WEG STEEK. IS DIT NOU NIE GENOEG MOEILIKHEID VIR ALTIE NIE. SELFS ALTIE KAN MAAR IN MY KAMER KOM WEG KRYP. STERKTE ALTIE. PAULA MOET NOU NET HAAR MIND OP MAAK. HOEVEEL MOET ALTIE NOU NOG VAT? SY MOET MAAR SAAM BRAND VLUG EN SOMER VERGOED UIT DIE STORIE BLY.

  • Katryn

    Kan iemand ook asb. net vir een keer verseker dat Gita "ontmasker" word. Sy het die koerant amper gesink, nou sink sy vir Bruynwaves en en en….Wees bietjie meer realisties in haar uitbeelding asb. Dit begin so half belaglik raak……

  • MAGDA

    FANTASTIES!!!!! HULLE MOET NOG NET ‘N PLAN MAAK MET EMMA, WANT SY MAAK MENS MOEG!!!

  • Telana Coetzee

    Ag nee werklik!! 7de Laan hardloop sekerlik weer uit idees uit. Dit maak my so siek wanneer hulle uit storie lyn uit hardloop – hoveel keer gaan Paula en Altus nog opbreek. Komaan mense, dink bietjie aan iets anders!!

  • VenetiaH

    Lin V ek stem nogal saam met jou. Steve en Gita!!

  • Bertie

    7e Laan is ‘n mors van tyd om na te kyk. Oh Please!!

  • Cynthia

    Hier kom moeilikheid, Steve pak eerder vir Gita aan, ek wens so iemand wil haar ‘n goeie lessie leer! My hart gaan uit vir Altie.

  • Beryl

    ag hel nee, Altie het nie kans teen die sexy Brand nie , ek sien groot moeilikheid aankom. Hierdie keer moet Paula ook maar gaan want sy breek net harte so ver sy gaan.

  • Koekoes

    Dit maak my siek

  • James Scott

    James het gevra: Is dit hierdie wending van die storie net speel-speel in die toneel in, of is daar ook ‘n element van "rêrag. in??

  • Maggie

    7e Laan is lankal nie meer die gesinsprogram waarna ons daagliks uitsien nie. Ek se nie ons moet ons kinders in watte toedraai nie, maar dit lyk asof die skrywers se stories opraak en hul dan gryp na grashalms om dit op die kassie te hou. Gita se agterbakse geknoei waarmee sy wegkom, Emma wat nie haar mind kan opmaak nie, Paula ook en dan boonop Vince se "Daisy" wat goed agteraf doen sonder om haar man daarvan te vertel, is nie goeie voorbeelde vir jongmense en kinders nie. Die ergste is nou die moord en om so doodluiters van ‘n lyk ontslae te raak!!!! Nou, nes mens dink Paula raak gevestig, sit hulle weer Brand in die prentjie! Buitedien wil ek nie he my liefste Steve moet as ‘n skurk gebrandmerk word nie (al is dit net ‘n storie). Skrywers moet asseblief bietjie herbesin!!!!!!!!

  • Elbe

    Nie eers Steve kan 7deLaan meer uit die put red nie.
    Maar ek kyk nog elke aand in die hoop, dat die skrywers moet iets interesant sal uit kom.
    Ou Gita, is ook al afgesaag!!!!!!!
    Ek wens hulle wil haar uitvang en ‘n regte storm om haar kop laat losbreek!!! Dan sal ons sien hie sy die riel dans. hehehe
    Dalk kan Errol in ‘n ware James Bond ontaard en haar aan die pen laat ry???????????

  • Robert

    Moet asseblief nie daardie ou terugbring in die 7de Laan nie. Sit hom liewer in 4 de Laan Westdene. Daar kan ons hom darem nie sien nie. Gee liewer vir Gita ‘n groter rol!

  • Alwyn Myburgh

    Natuurlik weet Altus wat op hom wag……………..hy lees mos ook die artikels!!!!!!!!!HAHAHAHA!!!!!!!!

  • alta

    nee wat, nie eens dit sal my weer laat kyk nie. ek wens regtig hulle wil daardie depressie-geval (Emma)
    heeltemal uit die storie skryf. iemand wil vir Hilda geld gee dat sy iets aan daai hare kan laat doen – RERIG!!!!!!!!!!
    en die feit dat niemand agterkom wat Gita en die Allan ou aanvang nie, gaan my verstand te bowe.
    hy loop sommer net by Bruynwaves se plek in asof die deur permanent oopstaan en gan steel hulle goed. en matrone wat gedurig lyk asof iemand str*nt onder haar neus gevee het.
    nee dankie – ek het genoeg gehad van die klomp.

  • Frieda Oelofse

    Ja, ek stem saam. Gee Steve vir Gita!!! Uitstekende paartjie!!!

  • Karlien Kruger

    Ag dankie tog, nou sal my pa ook weer 7de Laan kyk! Met Gita se nonsens kyk my pa nie meer… dink daar is meer as 1 wat so voel! Kan nie wag =)

  • Ella

    Almal is so anti 7 de laan maar tog ken almal so goed wat aangaan in die sepie. Gita maak dit darem meer interesant.

  • Elsa Cronje

    Ek hoop 7de laan se vervaardigers lees tog net al die kommentaar! Net miskien kom hulle agter, die hele gedoente is maar net aan die okay kant. Gita is skelm en sy word nooit gevang nie, so wees maar skelm dis okay. Wees maar agterbaks en word selde uitgevang, dis okay. Genade genoeg is genoeg dit hou nooit op nie.

  • Kieters

    Net so moeg vir Gita se stories.

  • Annatjie

    Ek stem saam met meeste van die mense, begin die storielyn opdroog, almal wil mekaar aanpak en baklei dis of alles oor en oor afspeel, maar toemaar Gita het haar kind verloor, maar nie eers dit kan haar verander nie, sy besit net wraak gedagtes, sy gun niemand niks nie, sy het seker van kleins af alles gekry wat sy wil het, ‘n regte bederfte brokkie. Sy’s g’n sake vrou nie. Al wat ek nog kan geniet van 7de laan die die tema liedjie……

  • adelle buchler

    steve is fine in die laan…..maar kan iemand net vir gita uitvang….na-aap jule nou bold en days en daai sepies???????.ek wil haar net spoeg as ek haar sien…. kry die vrou nie skaam.nie?????? sys amper erger as cherell……..van isidingo….. julle gaan aanhangers verloor met die gita ding…..,loose haar asb……

  • Yolanda

    Steve, vir jou kyk ek altyd!! 7de laan is vervelig, platvloers. Kyk Rytham City baie beter as 7de laan, maar vir Steve gee ek dit op!!

  • timtim

    En Oubaas se vreterigheid is erg verby,,Matrone ken net van Koeksister in die bwinkel,,Aggie bly met koekies. WAAR is Bryunwaves se deursleutel so ook die Deli en Hilside times, nee jinne ons kykers is mos nou nie so dom ni. Vir aandeelhouers hoekom moes Neville alleen skuld maak om die eise te betaal. lmj

  • Gatvol

    Ai, Steve die groot boereseun is ook te dom om agter te kom dat 7de Laan die mees rasistiese storie op TV is. As jy swart of bruin is, is jy prokureur, deli eienaar, botiek eienaar, koerant eienaar, slimste kind op skool, maar as jy wit is is jy flerrie, dom oubaas, geldsoeker netta, vetraagde Emma, simpel Paula. EN STEVE DIE SKELM. Of sien net ek dit raak???

  • Jan Scott

    Het julle al gesien hoe amateuragtig die tonele opgestel word. Laat my dink aan `n damwal met `n ry teikens op:- jy sien vooraf die geheelbeeld en dan trek jy van eenkant af los om die teikens een vir een raak te skiet. Hierdie SEPIE is al so voorspelbaar, jy`s soos gisteraand, toe Emma `n klop aan die voordeur hoor en verstar, sê ek vir my vrou dis Rick wat daar by die deur is en wraggies toe sy oopmaak, staan die man daar. HIERDIE SEPIE IS LANKAL VERBY SY VERVALDATUM. Sy heengaan sal nie betreur word nie. KYKNET bied baie meer en beter kykgenot!

  • Helena Kloppers

    Sal ook net kyk solank Steve in 7de Laan speel. Die storie is so afgesaag, jy kan vir ‘n maand nie kyk nie, dan het jy nie eens iets gemis nie. Daar is buitendien soveel advertensies dat die storie net 10 minute lanks is. Bring liewer vir Madel en Sandra Stuterheim terug.

  • Mariette

    Yes vir Steve…….NEE Gita ek kyk al lankal nie meer nie want ek kan nie dink dat mense so kan weg kom alles nie

  • Esme

    Dis so sad dat mense hulself so inleef in die sepies.
    Vir mense wat so kla weet jul darem maar baie wat aangaan,
    maar dis hoe ons is, nooit tevrede, ons wil altyd kla. kyk iets anders as dit so pateties is.

  • Hannie

    Ek hou daarvan om 7de laan te kyk, want daar word gedurig lewenslesse aangebied.
    Ek kan dit net nie hanteer dat Gita so skelm is en almal onderkruip nie. Dit is beslis nie ‘n goeie eienskap nie. Wat is die idee daar agter? Word dit nou goed gepraat dat onderkruipery goed is en dat dit reg is om so op te tree.
    Kom aan skrywers van 7de laan, ek weet julle wil dit interessant hou maar regtig dit gaan darem nou te vêr.

  • Lydia

    7de Laan het definitief nie meer die trekpleister soos voorheen nie. Nou moet hulle allerhande planne maak om kykers te trek. Brandt (Steve) moet nou weer ingespan word om ‘n bietjie die kykers te trek. Paula en Altie se rolle raak nou afgesaag. Gita en Allan se geknoeiery is ook nou tot vervelens toe hol rug gery. Gaan die storie met Bonita ook nou tot vervelens toe uitgerek word.

  • Louise Faerie glen

    Die 7de laners se Danie Odendaal en kie, kan gerus by Henrietta
    Gryffenberg en die Heany mans gaan kers opsteek tov toneelspel!!!
    Die Laners speel almal met hul oë, en strak onnatuurlike bewegings.
    Kry lewe, en kry ‘n storie!!!!

  • Doreen van Durbanville

    Buiten die regerende party is dit net op 7de Laan waar Gita kan weg kom met haar skelmstreke, niemand betaal vir hulle koffie nie, omtrent almal ‘n issue het met iets en jy vir 8 weke glad nie hoef te kyk nie maar onmiddellik kan jy die storie opvang as jy weer kyk…..ai tog so boring!!

  • Alouise

    Ek dink daar is genoeg "happily ever after" stories dat hulle dit ook ‘n bietjie in die storielyn kan inbring – skelms word gevang en aan die pen laat ry!! Dink dit het tyd geword dat geregtigheid seevier!! Daar gebeur nog goeie dinge ook in die werklikheid!!

  • anereta

    7 de laan raak nou regtig afgesaag,soos Bonita en die outjie wat sy weggesteek het,nou weer Paula ag nee man kan julle nie iets beters doen nie,die hele storie is net elke keer dieselfde sirkel,net ander karakters….vervelig…

  • Jacqueline

    Nes mens dink daar is weer n paartjie was gelukkig saam gaan wees dan moet daar weer iets fout gaan. Watter voorbeeld stel dit vir die jong mense? En dan nog die storie met Emma! Dit raak nou so afgesaag dat ek weke laas gekyk het. Kan daardie skrywer nie n slag iets ordentlik skryf nie.

  • Elize

    Maak asb plan met "Emma" – niemand kan so pateties wees nie, as ek haar sien wil ek in my eie mond opgooi. Gieta gee mense die indruk dat lieg en bedrieg die inding is. Regtig, laat al die 7de Laan akteurs ‘n bietjie met verlof gaan en begin ‘n nuwe storie uitdink.

  • Dawn

    Al die mense wat so kerm derm speel, is julle verveeld. Kry ‘n stokperdjie of speel met jou troeteldier

  • Anet

    Het DSTV maar kyk baie eeder "The Cosby Show" op SABC3 Maandae-Woensdae wens hulle wil hom Donderdae en Vrydae ook op bring. Die komedie reekse van die tagtiger jare het baie meer sin gemaak en mens kan meer met hulle identifiseer as vandag se snert wat net een ding op die bruin het en ‘n klomp ouers en kinders uitbeeld as idiote. 7de Laan het in die begin jare baie meer humor in gehad met Marko, Bart, Wilemien en die jong klomp van daardie tyd en dit was die sleutel wat hom anders gemaak het van die ander vervelige sepies

  • Marita N

    Dank vader ek is genees van sepie kykery – danksy Gita en Astrid wat net kan konkel en NOOIT iets oorkom nie!!
    Ek het besef om sepies te kyk, maak my net depressief, want al die slegte ouens kom met alles weg en geen haan kraai ooit na al hul skelmstreke nie. Nou spandeer ek my tyd baie beter as om na die spul gemors te kyk

  • Ellen

    Ag wat kan ek se?? 7de Laan is regtig die verveeligstse storie op op TV!! Maar ek en my ouman het ‘n speletjie van die laan gemaak, en ag! dis sommer belaglik maklik! want die storie lyne bly dieselfde! oor en oor! en ons voorspelling is altyd reg!!
    wat my die meeste pla is die feit dat niemand geluk vind en dit hou nie!! dankie tog vir Neville en Charmaine! maar vir hu lank?? voor die skrywers weer die verhouding laat verbrokkel!! Hulle besef seker nie dar mense daarbuite dit ernstig opneem! en daarom so lekker met hulle huwelike spleel nie! want ons kan mos! kyk vir 7de Laan! almal is oploer vir die ander maaitjie se maat!!

    En Gitta?? O! my goodness! sy is brilliant! niemand vang haar uit nie!! en so maai sy ongelukkigheid net waar sy gaan!! glo my in die regte wereld is dit nie so maklik nie!!! en ons mense is alreeds so gatvol vir bedrog dat ons dit nie nodig het op TV sepies nie!!

  • Maanbrilletjies

    Vervang 7de waan met die ou die SAUK-TV toetspatroon; dis meer vermaaklik en opvoedkundig.

  • Ek

    Hofmeyer is regtig te oud om met die karakter Paula deurmekaar te raak – bietjie lank in die tand vir die jongmense – hy pas glad nie in by die groep akteurs nie

  • Carol

    Ai tog, vir hoeveel jaar moet ons nog in daardie voorhuis/kombuis vaskyk? Vir mense wat ‘n Koffiewinkel en Koerant besit leef hulle maar bietjie agter die klip? Regtig, almal werk hulle heeldag dood maar hulle bly "arm". Met ander woorde, die jeug wat kyk sal die afleiding maak dat dit nie saak maak hoe hard jy werk nie, jy sal nooit verder kom nie. Ag nee, doen tog iets aan die stel!

  • Dewald du Plessis

    Die eerste paar jaar was nog redelik goed gewees want die storielyne het nie so lank geloop nie en daar was kere wat die bad karakters ‘n paar keer nie met als kon wegkom nie. Gita kom nou net te veel weg met haar skelm streke. Sy moet assebleif uitgevang word en tronk toe gaan for life voor al die besighede a.g.v. haar skelm streke aan haar behoort want dan gaan 7de Laan eers boring wees om te kyk as almal vir haar moet Baas se.

    As jul nie vinnig ‘n plan maak en meer ligte storie lyne inskryf nie gaan jul baie kykers verloor en dan gaan jul maar moet maak wat Egoli gemaak het.

    Die karakters beleef almal net drama op drama amper niemand het meer ‘n gelukkige vrolike lewe nie. En hoekom moet daar altyd ‘n donkerkant vir ‘n karakter gegee word? dit het nou maar net ‘n paar keer gebeur wat ‘n goeie karakter vir lank aangaan en dan skielik maak jul van hom/haar ‘n skelm. A nee a. So kan dit nie aangaan nie.

  • amelia

    Die Laan gaan weer bietie lewe kry!!!

  • Niale

    ek weet!! hulle gaan moet geld insamel want hilda moet vir steve wen in n kookkompetisie terwyl die ander hard oefen aan hul danspassies voor die modeparade!!!

  • Stephen

    Die kenwysie is pragtig. Die politieke breinspoeling werk nie, intelligente mense sien deur dit. Die storielyn is so vlak soos ‘n visdam en het geen verband met die werklikheid in Suid-Afrika nie. Daar is egter positiewe aspekte – dit bied werksgeleenthede aan baie van die has-beens van televisie, waarvan die meerderheid in elk geval pateties is.

  • Antoinette

    Ek sal sê dat die skrywer nou moet besluit of hy Altus en Paula bymekaar wil hê. Laat hulle trou en klaar kry. En die karakter soos Vince en Bonita getroud bly, hoekom hulle in die storie laat trou as hulle weer uitmekaar gaan spat. Laat daar iemand vir Aggie wees en ja asb beslis laat Emma nou ‘n gelukkige einde kry-Laat sy en Okkert trou! Dan ek stem so saam almal dat Gita nou met bietjie te veel weg kom en ja, dis juis haar rol wat mens sukkel om na 7de laan te kyk! Skryf haar ‘n goeie rol of skryf haar in die tronk. 7de laan is ‘n goeie sepie, so moenie dit laat dood loop nie asb?
    En Ja! Dit sal nice wees om weer vir "Brandt" Steve in 7de laan te sien, maar asb skrywer moet tog nou nie skryf hy bring moeilikheid tessun Altus en Paula. As dit gebeur, wel kykers gaan vlug! Terwyl julle kan lok julle kyker, moet hulle nie verskrik nie!

  • Sat

    Ja laat Brand kom, Paula en Emma swanger maak en hulle aldrie wegraak vir altyd.

  • Pieter

    Dit lyk my 7de Laan slaag in sy doel. Almal braak gal oor hoe sleg die sepie is en hoe hulle dit haat maar weet presies wat aangaan. Dit doen presies wat sepies verondeestel is om te doen. Laat jou ontsnap vir n halfuur uit jou eie vervelige voorspelbare lewe. Dit frustreer die kykers, laat hul lag, maak hul kwaad. Welgedaan. Bly kyk gerus en haat elke oomblik daarvan. Lol

  • Frans Van Erk

    Gelukkig is daar nog op TV3 "Days of our Lives" en "The Cosby Show" om te kyk. Ek het hier ook nog die serie van "Andre Van Duin" se smartlappe. ‘n Bietjie stom maar tog nog beter dan met die hofnar se gesannik opgeskeep te sit.

  • mmm

    Daar gaan dit weer oor en oor Sewende laan is so voorspel baar eers was dit daai poppie wat Chris Chameleon (ken nie die karakters nie) ,en toe Gita met haar broer Bonita wat n ou wegsteek het en nou Paula, Ek wed julle die volgende persoon gaan Felicity wees.
    7 de laan raak nou soos aner sepies jy hoef net een episode elke 2de week te kyk en sal steeds weet wat aangaan.

    Dalk het hulle nuwe jong skrywers nodige om bitjie uit die boks te dink

  • Jeanette

    Ek dink dit is tyd dat 7de laan verdwyn. Ons het werklik genoeg hiervan gehad. Boring!!!!!!!!!

  • Riana

    Agge nee nog iemand wat weggesteek word. Dis presies dieselfde wat Bonita gedoen het. En arme Altus en Paula is nooit gelukkig nie. Kan hierdie storie met Paula en Altus wat so lank gesukkel het om bymekaar te kom nou maar nie ‘n gelukkige einde he nie????

  • brandon

    Ek gaan nie weer 7de laan kyk as gita alles wil oorvat nie sy kanie elke besigheid besit In die laan nie een van die dae werk almal vir gita

  • Louise

    7de laan is so vol leuens, hoekom praat niemand ooit die waarheid nie en Gita wat altyd met alles wegkom – is dit in die werklikheid ook so???? Weet nie of dit meer die moeite werd is om te kyk nie, alles is net oor en oor, net met ander karakters.

  • HANNELIE BENN

    XANDER EN VANESSA KAN NOU AL OUERS WORD, EN KLEINE AVA EN HAAR PA KAN NOU KOM KUIER, EN EK SAL DIT WAARDEUR AS ALLAN KAN WAKKER WORD!!!

  • Bella

    7de Laan het n probleem – dalende kykergetalle. Nou probeer hulle dit oplos deur Steve in te span. Mooi so 7de Laan! Nou’t julle darem 20 000 meer 40-plussers wat vasgenael gaan sit voor hulle tellies in die hoop om meer van hom te sien.
    Kry vir Kurt (Darren) vir die 30-somethings en dalk Bobby vir die tieners en 20’s – en maak dit ‘n MUSICAL!! Dan het julle sowat 60 000 meer vroulike fêns.
    Laat almal deur die laan dartel en vir mekaar sing, toe?? Daar is duidelik nie genoeg goeie akteurs in die land nie.
    Probleem opgelos!

  • hardus

    Dit was lekker om weer vir steve hofmeyr op 7delaan tesien sien uit na die 3 musiekvlieks wat nog kom

  • anoniem

    stem saam, skryf Paula, San-mari, Emma uit, hulle is pateties……….ja oubaas eet te veel, Hilda kan iets met die hare doen, en dit is rassisties…..dat Charmaine nou so neer slat………bring Neville terug

  • Peet Strauss

    Julle wat so kla is almal siek en vervelig.Hoekom kyk julle ? Kyk dan n ander kanaal of luister radio!