FOTO: Instagram justintimberlake

FOTO: Instagram justintimberlake

Het jy gehoor?

EERSTE FOTO: Só lyk Justin Timberlake en Jessica Biel se eersteling

Die musikant Justin Timberlake en sy aktrise-vrou, Jessica Biel, het onlangs hul eersteling, Silas Randall Timberlake, verwelkom. Die glanspaartjie het glad nie op hul laat wag om ’n foto van hul babaseun met die wêreld te deel nie. 

E!Online berig dat die trotse ouers vroeër vandag vir die heel eerste keer ’n foto van baba Silas op Instagram gedeel het.

FOTO: Instagram  justintimberlake

FOTO: Instagram justintimberlake

“Die Timberlakes is gereed! GO GRIZZ!” lees die onderskrif van die skattige foto. Silas is oopmond en knipoog gekiek in ’n trui van Memphis Grizzlies, die basketbalspan wat sy ouers ondersteun.

Hulle is duidelik ook nog baie verlief. Tydens sy bedankingstoespraak by dié jaar se iHeartRadio Awards het Justin sy vrou uitgesonder: “Ek wil my beste vriend en my gunsteling-medewerker bedank: my vrou, Jessica, wat by die huis is. Liefie, ek kan nie wag om ons beste skepping nog te sien nie. Moenie jou bekommer nie, Pappa kom nou huis toe om oor doeke omruil te leer.”

Die paartjie, wat in 2012 getrou het, het eers einde Januarie bevestig dat Jessica swanger is.

Bron: E!Online

Lees ook