FOTO: Twitter  aplusk

FOTO: Twitter aplusk

Het jy gehoor?

Eerste foto van Ashton Kutcher en Mila Kunis se dogtertjie?

Die akteurspaar Ashton Kutcher en Mila Kunis maak ’n punt daarvan om hul 1-jarige dogtertjie, Wyatt Isabelle, buite die kollig groot te maak. Maar het hy nou ’n foto van haar op sosiale media geplaas? 

Ashton het dié foto vir ’n goeie doel met sy 1,3 miljoen Instagram-aanhangers gedeel. “39 miljoen mense het deur die krake geval en is slagoffers van moderne slawerny #redsandproject,” het hy onderaan die foto geskryf wat wys hoe ’n jong dogtertjie met haar rug na die kamera staan.

#redsandproject poog om mensehandel en moderne slawerny te bekamp.

39 million people have fallen through the cracks into modern day slavery. #redsandproject

A photo posted by Ashton Kutcher (@aplusk) on

Heelwat mense het kommentaar op dié foto gelewer: “Hoekom is #redsandproject nie die fokus van die storie gemaak nie? Dit maak my siek dat dit vir party mense belangriker is om te bespiegel of dit wel Ashton se kind is of nie,” het een man geskryf.

En hoe meer mense oor dié foto gesels, hoe meer bewustheid word vir #redsandproject geskep.

Volgens DoSomething.org word tussen 60 000 – 80 000 mense per jaar “verkoop”. 80% van dié mense is vroulik en die helfte kinders. Die gemiddelde prys vir ’n “slaaf” beloop $90 (R1 277).

Mail Online beskryf die 37-jarige Jobs-akteur as meer as net ’n glanspersoonlikheid. Hy is ook ‘n filantroop wat projekte soos #redsandproject ondersteun.

Ashton en Mila Kunis het vroeër vanjaar getrou en het verlede Oktober hul eersteling verwelkom.

Bronne: DoSomething.orgE! News en Mail Online

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!