Kurt Darren en sy swanger vrou, Dunay, by die SAMA's vroeër vanjaar
FOTO: Twitter

Kurt Darren en sy swanger vrou, Dunay, by die SAMA's vroeër vanjaar FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Eerste ‘foto’ van Kurt en Dunay se pienkvoet

“Seerower”-sanger Kurt Darren en sy vrou Dunay het onlangs aangekondig dat hulle hul eersteling verwag. Hier is die eerste sonar-foto van dié kleinding.

Kurt en Dunay is al sowat 3 jaar getroud en is nou gereed om hul eersteling te verwelkom. Dunay, wat onlangs haar Meestersgraad in Sielkunde voltooi het, het by die SAMA-toekennings verlede maand nog geen teken van ’n babamagie gehad nie.

Kurt het gister vir Moedersdag die eerste sonar-foto van hul eersteling op sy Facebook-blad gedeel. Dit lyk ewe of die kleinding duim wys! (Lees HIER hoe dié gebaar, wat baie op sonar-foto’s waargeneem word, ’n Britse gesin se lewe merkwaardig verander het.)

Kurt het verlede week met sy aanhangers gegrap en gesê dié outjie is die eerste 4D-foto van hul eersteling.

Nóg oor Kurt en Dunay

  • Annatjie Kruger

    ‘n Mens moet wonder hoe hard en ernstig ouers dink voordat hulle ‘n naam vir hul nuwe baba gee. Kurnay? Die arme kind, kan net dink wat met hom of haar gaan gebeur wanneer dit begin skool gaan. Of is dit ‘n naam wat Sarie vir die kind gegee het.