Blake Lively en Ryan Reynolds
FOTO: Getty Images for L'Oréal Paris

Blake Lively en Ryan Reynolds FOTO: Getty Images for L'Oréal Paris

Het jy gehoor?

Eerste foto van Ryan Reynolds en Blake Lively se pienkvoet

Die akteurspaar Ryan Reynolds en Blake Lively is baie privaat. Hulle het nog glad nie ’n foto van hul babadogter, James, met die media gedeel nie. Danksy Ryan se nuutse Instagram-foto weet ons nou uiteindelik hoe (’n sekere gedeelte van) hul pienkvoet lyk, berig E!Online

Die gesegde dat gesinne wat saam speel, saam bly, is hier van toepassing! Die Green Lantern-akteur het ’n foto gedeel waar hy en James duimstoei.

FOTO: Instagram  vancityreynolds

FOTO: Instagram vancityreynolds

“Duimstoei is nie altyd regverdig nie. Dis vreemd, my hand is die kleiner een,” het die skattige foto se onderskrif gelees.

Ryan geniet pa-wees, selfs die slapelose nagte: “Jy word in die middel van die nag wakker met hierdie groot, dom glimlag op jou gesig … Jy sal enigiets anders wat jou elke 45 minute wakker maak, doodmaak, maar wanneer dit ’n baba is, is dit die beste ding wat ooit met jou kon gebeur.”

Die 38-jarige akteur sê verder dat hy en sy vrou, Blake Lively, ná die geboorte van James nóg nader aan mekaar is: “Wanneer daar eers ’n baba is, raak jy soveel meer verlief op jou maat.”

Ryan en Blake is in 2012 getroud. James is die paartjie se eersteling.

Bron: E!Online

Lees ook