FOTO: Instagram  @vanhaywood

FOTO: Instagram @vanhaywood

Het jy gehoor?

EERSTE FOTO: Vanessa Haywood en Ryan Sandes se troudag

SA aktrise, model en fiksheidsentoesias Vanessa Haywood het verlede jaar in Julie aan die ster-atleet Ryan Sandes verloof geraak – en hulle het die naweek afgehaak!

Vanessa, bekend vir haar rol in District 9 as Wikus van der Merwe se vrou, Tania, en Ryan, Suid-Afrika se voorste spoorloop-atleet (trail runner), het Saterdag getrou

Die avontuurlustige paartjie het die foto’s van hul troudag op sosiale media gedeel:

Ryan het vir Vanessa gevra om te trou terwyl hulle in Knysna was om die derde jaar van hul verhouding te herdenk, het hy aan Top Billing vertel. Hulle was blykbaar op die strand toe die son gesak het, toe Ryan die groot vraag vra.

Lees ook