Het jy gehoor?

EERSTE FOTO: Zara en Mike Tindall se klein Mia

Die Britse tydskrif Hello! het die eerste fotosessie van dié koninklike egpaar se nuwe pienkvoet, Mia.

Rugby-speler Mike Tindall en Zara Phillips (prins William en Harry se niggie) se eersteling is in Januarie gebore. Mia staan 16de in die ry om die troonopvolger te wees.

Haar eerste amptelike fotosessie verskyn in die Britse tydskrif Hello!. Dít is die voorblad van dié uitgawe.

Zara Phillips Mike Tindall Mia

Mike was teenwoordig by die geboorte in Januarie. Hy het op sy Twitter-blad geskryf:

“Dankie vir al die mooi boodskappe. Definitief die beste dag van my lewe – só gelukkig! Albei meisies is gesond en gelukkig!”

Dié tydskrif het ook hul troudag in 2011 gedek:

Zara Phillips Mike Tindall