Fergie
Het jy gehoor?

EERSTE FOTO’S: Fergie en Josh se kleinding

Fergie en haar akteursman, Josh Duhamel, se seun is op 29 Augustus gebore en sedertdien was hulle maar baie suinig om hom met die res van die wêreld te deel. Klein Axl Jack het gister vir gehoortoetse gegaan en daar is bevestig dat sy gehoor niks makeer nie. Na aanleiding van dié goeie nuus het Fergie hierdie oulike foto op haar Instagram-blad geplaas.

Fergie baba

Fergie het by dié foto geskryf: “Axl Jack Duhamel. Hearing test complete. All systems go. #chillin”

Die paparazzi moet omtrent lastig wees, want Josh het dié foto op sý Instagram-blad geplaas met die hutsmerk “#paparazziyoucanleaveourhousenow” (paparazzi, julle kan nou ons huis verlaat).

Fergie baba 2Die paparazzi het glo dag en nag voor hul huis uitgekamp om die eerste foto van Axl te kry. Maar die paartjie het sosiale media gebruik om die paparazzi voor te spring. Ander bekende paartjies het ook dié roete gevolg om die fotograwe en die media van hul rug af te kry: Kate en William het bevestig dat hulle foto’s sal laat neem soos wat hulle die hospitaal verlaat. Hulle het self later nóg gesinsfoto’s beskikbaar gestel. Michael Bublé, Alec Baldwin en selfs ons eie Minki van der Westhuizen het ook dié strategie gevolg.

Bron: Billboard