FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

EERSTE FOTO’S: George Clooney en Amal Alamuddin se troudag

Daar heers steeds groot opgewondenheid oor George Clooney en Amal Alamuddin se troue wat die afgelope naweek in Venesië plaasgevind het.

Die Amerikaanse tydskrif People en die Britse Hello! het die regte gekry om dié bekendes se trou-album te publiseer. Hulle het die eerste foto’s van die troue, wat ook die voorblad van hul volgende uitgawes is, met hul aanhangers gedeel.

People skryf dat die seremonie 30 minute lank was. Net nadat die paartjie gesoen het, het hulle na hul familie en vriende gedraai en die sowat 100 gaste het hande geklap.

Die bruidegom het aan People gesê: “[Getroude lewe] voel regtig baie goed.”

Hy het in ’n Giorgio Armani-pak getrou en Amal in ’n pragtige Oscar de la Renta-skepping met Franse kant. Die pêrels en diamanté is met die hand vasgewerk.

George Clooney Amal George Clooney Amal

Lees nóg oor die troue op People en Hello! se webtuistes.

Lees ook