FOTO: David M. Benett/Getty Images

Het jy gehoor?

EERSTE FOTO’S van Brad Pitt en Angelina Jolie se troudag

Brad Pitt (50) en Angelina Jolie (39) het ons verras toe hulle op 23 Augustus in die geheim getrou het. Die tydskrifte People en Hello! het die regte om die troufoto’s te publiseer en hulle het solank ’n voorsmakie gegee ….

Dié bekende paartjie het op 23 Augustus op die wynlandgoed Château Miraval op die Franse dorpie Correns getrou. En volgens People was hul ses kinders prominent by die seremonie en onthaal betrokke.

Angie se trourok (foto onder) is met haar kinders se kunswerke versier. Die ontwerper Luigi Massi, wat vir Atelier Versace werk, het van hul kinders se tekeninge op haar rok en sluier vasgewerk.

ange-real--z

Elke kind het ook op die dag ’n werkie gehad: Maddox (13) en Pax (10) het hul ma na die kansel gelei, Zahara (9) en Vivienne (6) was die blommemeisies, en Shiloh (8) en Knox (6) het die ringe ingedra. Die kinders het ook glo gehelp om die huweliksbeloftes te skryf. En Pax het selfs die troukoek gebak!

cover-435

Die paartjie het aan People gesê:

Dit was vir ons belangrik dat die dag ontspanne en vol vreugde is. Dit was ’n spesiale dag wat ons met ons kinders wou deel …

Bronne: People en Hello!