beckham_baba
Het jy gehoor?

Eerste foto’s van die Beckham-baba

Dis die foto’s waarvoor almal gewag het. Pa David met die klein Harper Seven in sy arms. Hy’t aan ‘n nuusbron gesê dat hy nou ‘sagter’ moet werk met sy eerste babadogtertjie, dit ná drie seuns. David het Saterdag op die sokkerveld uitgedraf met Harper Seven se naam, saam met die res van sy gesin s’n, op sy sokkerstewel geborduur.

People.com berig dat ’n korrespondent van die Beckhams die kwessie rondom die Seven verduidelik het:  Klein Harper Seven het 7 pond (+/- 3.2 kg) by geboorte geweeg en sy is op die 7de dag van die 7de maand, net na 07:00 die oggend, gebore.

Victoria en Harper Seven Beckham

  • Rachelle Potgieter

    HARPER SEVEN? Regtig!! Wat is so vreeslik aan Rachel en Maria – Harper! Die arme kind!!!

  • Cecile Dorfling

    David se nommer op sy trui is 7. Hulle sê 7 is die volmaakte getal volgens die Bybel. Dit was van die vernaamste redes vir die naam Seven. Ek dink sy is op 11 Julie gebore en nie op die 7de nie. Nie doodseker van die feit nie.

  • Leenie

    Harper is ‘n bekende Britse naam…so sê hulle…

  • Marthilda Fourie

    Sy is pragtig en spesiaal. Sy is klaar haar Pappa se grootste liefling.
    Haar naam is pragtig enig in haar soort.

  • Berdine de Klerk

    Nou nie juis my gunsteling naam nie, maar nouja dis nie my baba… Hehe

  • Lavinia

    Harper kan ek nog op ‘n manier verstaan – maar Seven!? Ag nee mense, dink tog aan die arme ou dogtertjie wat met so ‘n naam deur die lewe moet gaan.

  • tania du plessis

    die bekendes ding mos maar mee vir die eienaardigste name vir hul kinders. Ja, gelukkig is dit nie my kind/keuse nie. Solank hulle seker maar tevrede is (weet nie of sy gaan wees as sy verstand kry nie!) maar sy is pragtig.

  • Christa van der Walt

    Ag wat n ou mooi babetjie, syt haar mamma se neus. Harper is pragtig, Seven is so tipies Hollywood, maar wat, dit beteken vir hulle iets..en is uniek en eintlik oulik. Baie goeie ouers, en ek kan sommer sien wie is al klaar hierdie pappa se oogappel!!! Baie geluk aan David en Posh…en die 3 boetietjies.

  • Monica

    Dis nie "arme kind wat met so ‘n naam deur die lewe moet gaan nie".Die ‘arme kind’ sal deur die lewe gly met daai naam ,want net sy het so ‘n naam.Dankie tog vir individualiteit,anders was ons almal Bettie-Lettie!!

  • Jennilee sale

    Awesome name, awesome parents….she will go through life lacking nothing….Her name is hers alone. She is now in a catogary with Apple, Suri, etc……..individual people with their own identity