667514
Het jy gehoor?

Charlize as wrede koningin in Sneeuwitjie

Sneeuwitjie word gespeel deur Kristen Stewart (Bella in die Twilight-reeks), Charlize Theron speel die wrede koningin, Chris Hemsworth is die jagter en Sam Claflin is die prins wat totaal betower is deur Sneeuwitjie se skoonheid.

Die storie wyk egter heeltemal af van die sprokie waaraan ons gewoond is. Daar is byvoorbeeld geen dwergies in die fliek nie, terwyl Sneeuwitjie gesien kan word met ’n swaard en skild pleks van rokkies en met diere wat haar agtervolg waar sy ook al gaan.

Snow White and the Huntsman speel af rondom die jagter, wat veronderstel is om Sneeuwitjie om die lewe te bring in die woud. Maar hy voer nie die opdrag uit nie en word haar beskermheer en mentor. Saam beplan hulle dan om die wrede koningin tot ’n val te bring . . .

Dit sal in 2012 in teaters te sien wees.

  • D Lambert

    Charlize Theron is ‘n fantastiese aktrise en. Kan erige eol vertolk. Chalise jys pragtig x

  • The Duke

    Geweet sy gaan nie groot rolle meer losslaan nie, roem het na haar kop gegaan.
    As Oscar wenner verwag ‘n mens darem iets beter van haar en nie playstation flieks nie.

  • Madelyn Lomas

    Is dit agv Monster…? ;)

  • Apie

    Mooi Charlize,

    Maak volgende ‘n fliek waar jy ‘n Suid Afrikaanse boervrou speel – een wie se man tydens ‘n plaasaanval vermoor word.

    Dit sal ‘n baie meer grusame fliek wees as die een waarin jy nou speel.

    Sodat die wêreld kan sien wat hier aangaan…

  • Apie

    Mooi Charlize. maar maak nou ‘n fliek oor ‘n boervrou wie se man op ‘n plaasmoord vermoor word, dat die wêreld kan sien wat hier aangaan

  • Bel

    Wow kan nie wag om dit te sien nie, almal wat daarin gaan speel is puik akteurs!!!

  • Charlene

    Kan nie wag om dit te sien nie!

  • A. Adriaanse

    Sy is ‘n goeie akteur, wens ek kon haar status gekry het, of die voorreg kry wat sy het. Ek weet dis bitter, maar ongelukkig is dit so!

  • Giselle

    Ek dink Charlize verdien elke stukkie roem en sukses wat haar kant toe kom, en hoewel ek haar nie persoonlik ken nie, en dus nie weet wat se tipe mense sy is nie, dink ek dat as iemand nie iets positiefs kan kwytraak nie, daardie persoon eerder stil moet bly. Dit is ook nie Charlize se verantwoordelikheid om lig te werp op Suid-Afrika se probleme nie. Sy is vir my een van die mooiste vrouens ooit en dat sy talent het, kan niemand betwyfel nie.