nelson
Het jy gehoor?

Eerste kyk na Mandela-film se lokprent

In dié film speel die Britse akteur Idris Elba (Promotheus, Thor) die rol van Mandela. In die lokprent stap Madiba (Idris) in die Oos-Kaapse platteland terwyl hy uit sy outobiografie voordra. Daar word reeds vermoed dat Idris in aanmerking sal kom vir ‘n Oscar vir dié vertoning.

Mandela-film: Só lyk die plakkaat

Dié film is gebaseer op Madiba se outobiografiese boek met dieselfde titel wat in 1994 gepubliseer is. Die Oscar-benoemde William Nicholson (Gladiator, Les Misérables) het dié boek in ‘n draaiboek omskep. Nóg ‘n Brit, Naomie Harris (Skyfall), speel Winnie Mandela in die film. Suid-Afrikaners in dié film is onder andere Gys de Villiers as oupresident F.W. de Klerk, die komediant Riaad Moosa, Rob van Vuuren, Grant Swanby en Fana Mokoena.

FOTO’S: Ballonne vir Madiba opgestuur

Die film is reeds verlede jaar in die Oos-Kaap, Kaapstad en Johannesburg geskiet. Dit sal na verwagting vroeg volgende jaar vrygestel word.