Het jy gehoor?

EERSTE KYKIE: Jennifer Lopez se nuwe fliek, ‘The Boy Next Door’

Net ná haar egskeiding raak ’n vrou verlief op ’n jonger man, maar hul verhouding loop vinnig skeef …

JLo het in 2013 laas in ’n fliek gespeel (Parker), maar dit lyk asof haar filmloopbaan weer op dreef kom. Buiten vir The Boy Next Door, speel sy ook volgende jaar in Home (’n animasieprent) en Lila & Eve, ’n rolprent oor twee vroue wat die reg in eie hande neem ná hul kinders doodgeskiet is.

Hier is die lokprent vir The Boy Next Door.

Wat dink jy van dié film? Sal jy dit gaan kyk?

Lees ook