FOTO: David M. Benett/Getty Images

Het jy gehoor?

EERSTE KYKIE na Angelina Jolie en Brad Pitt se nuwe fliek

Dis minder as ’n week ná Angie en Brad begin skiet het aan die tweede fliek waarin hulle saam speel, By the Sea, en die eerste foto’s daarvan is reeds bekend gestel, berig Hello!.

Dit is Entertainment Weekly wat die eerste foto’s gedeel het. In By the Sea speel Angie en Brad man en vrou – rolle wat ná hul troue op 23 Augustus seker nie vir hulle baie vreemd is nie.

Dié pasgetroude paartjie het in 2005 ontmoet toe hulle saam in Mr and Mrs Smith gespeel het.

Mr and mrs smith poster

By the Sea speel in die 1970’s af. Die paartjie, Vanessa en Roland, reis deur Frankryk, maar begin van mekaar vervreem raak. Wanneer hulle besluit om op ’n kusdorpie te bly en daar vriende maak met die plaaslike mense, verander hul verhouding.

Angie, regisseur van die fliek, sê aan Entertainment Weekly dat sy besluit het om dit in die 1970’s te laat afspeel omdat dié tyd nie die afleidings van vandag het nie.

Die fliek word op een van Malta se eilande, Gozo, geskiet om die Franse Riviera na te maak. Die gesin Pitt-Jolie bly blykbaar vir 8 weke op Malta.

Bronne: Hello! en Entertainment Weekly

Lees ook