suidooster
Het jy gehoor?

EERSTE KYKIE: Nuwe Afrikaanse sepie op pad

Suidooster is die splinternuwe kykNET & Kie-sepie wat kykers vanaf 16 November 2015 op die kassie sal vermaak.

Dié opwindende storie speel in die Wes-Kaap af, ’n eerste vir dié provinsie, en volgens Karen Meiring, M-Net se direkteur van Afrikaanse kanale, is daar iets vir almal: “[D]ie storielyne is universeel en ons sien uit daarna om dit met Afrikaanse kykers oor die hele Suid-Afrika te deel.”

Hier is die heel eerste voorsmakie van Suidooster

Moenie dié sepie misloop nie! Suidooster wys Maandag tot Woensdag (vanaf 16 November) om 20:00 op kykNET & Kie (DStv-kanaal 145).

Lees ook