riaan_rz
Het jy gehoor?

Eerste kykie: Riaan Cruywagen se boek-omslag

“Ná maande se geswoeg voor die rekenaar vra ek my af of ek nie dalk my vierjarige kleinseun Tiaan se raad ter harte moes geneem het nie. Toe hy hoor ek skryf ’n boek, vra hy ewe onskuldig: ‘Oupa, hoekom skryf jy ’n boek? Hoekom gaan koop jy nie een nie?'”

Ná 47 jaar in die uitsaaiwese onthul Riaan wat agter die SAUK, vandag die SABC, se kameras gebeur, en hoe hy dit regkry om ná 37 jaar steeds saans die nuus aan Suid-Afrika te bring. Hy vertel van daardie histeriese lag voor die kamera in die tagtigerjare, en hoekom hy deesdae in popmusiekvideo’s saam met mooi meisies verskyn.

“Dis die ekwivalent van ʼn lekker bottel wyn voor ʼn kaggelvuur!” sê resensent Leon van Nierop.

Wat’s Nuus sal teen R199 by alle toonaangewende boekwinkels beskikbaar wees.
Jy kan dit ook by On the Dot, 0861 668 368, bestel.

  • Annie

    Ek spring op en af en kan nie wag nie!

  • Conette

    Ek ook nie!

  • Karin

    Mal oor hom!!!!!!!!!!!!!!!!

  • Lize

    My suster Marietha is gek oor hom die boek is my verjaardag geskenk aan haar. Sy weet nog nie.Wens net ek kon ‘n getekende een kry!