trevor-noah-daily-show
Het jy gehoor?

Eerste kykie: Trevor Noah as aanbieder van ‘The Daily Show’

Gisteraand het Trevor Noah sy debuut gemaak as aanbieder van The Daily Show, die gewilde laatnag-geselsprogram in Amerika.

Ons hart klop trots oor dié groot prestasie, veral wanneer ons vanoggend op groot Amerikaanse mediahuise soos Vogue en CNN se webblaaie lees hulle berig oor ons Trevor.

Die goeie nuus is dat The Daily Show ook in Suid-Afrika uitgesaai word. Elke episode gaan die aand nadat dit in Amerika wys, hier uitgesaai word. Trevor se debuut word vanaand op Comedy Central (DStv kanaal 122) om 21:00 uitgesaai.

Hier is solank ’n voorsmakie indien jy nie tot dan wil wag nie

Lees ook