Het jy gehoor?

Eerste kykie + voorskou: Die nuwe Diana-fliek

Die aktrise Naomi Watts is gekies om die rol van Diana in ‘n nuwe fliek te vertolk.

“Ek het al die biografieë gelees, deur al die onderhoude gegaan en veral vir dae aan een na ‘n spesifieke onderhoud, met Martin Bashir, op my iPod oor-en-oor geluister,” het sy vertel van haar voorbereiding vir die rol.

Só lyk Naomi Watts as Diana

“Ek voel baie bevoorreg om hierdie rol te kan speel,” het Watts in ‘n verklaring ook gesê. Die fliek, Caught in Flight, deur die regisseur Oliver Hirschbiegel fokus op die tydperk toe Diana na bewering ‘n liefdesverhouding met hartchirurg, dr. Hasnet Khan gehad het.

Kyk na die voorprent van die fliek hier

Diana se onderhoud met Martin Bashir