122723424
Het jy gehoor?

Eerste onderhoud! Beyoncé oor haar baba se geboorte

“Niks kan die gevoel beskryf nie. Wanneer ‘n baba in jou groei, voel jy daardie nabyheid, maar om haar vir die eerste keer vas te hou … Woorde kan dit nie beskryf nie,” het Beyoncé gesê.

“Dis ‘n cliché om te sê die grootste oomblik vir ‘n ma is wanneer sy haar kind die eerste keer in haar arms vashou. Maar dis nou een cliché wat wáár is.”

Beyoncé se man, Jay-Z, sien glo nét so daarna uit om klein Blue Ivy by die huis te verwelkom.

“Ek is so opgewonde! Vanaf die oomblik dat ek uitgevind het ek is swanger, was ons al ouers. ‘n Kind is die grootste geskenk wat jy kan kry en ons is geseënd om nou hier te wees,” het Beyoncé gesê.

“Dit gaan goed met ons, en ons sien daarna uit om ons dogter te wys waar sy gaan bly.”

Klik by Star Magazine vir die volledige artikel

  • Ina Murison-McGowan

    Ek kan nie glo dat `n wonderlike Suid-Afrikaanse tydskrif soos Sarie `n berig plaas oor `n selferkende Satanis nie.
    Beyonce en haar man het op `n Youtube clip, gaan kyk maar self, erken dat hulle Satan aanbid.
    Selfs die babatjie se naam is in ere van Satan.
    Geen wonder hierdie land is in so `n gemors nie!!!

  • Tiaan Gildenhuys

    Ek is baie bly vir Beyonce’ se part! Sy sal ‘n baie goeie ma wees vir hulle nuwe baba! Puik artikel!

  • Lucy

    Beyonce se bestuur het bekend gemaak dat sy geen onderhoud toegestaan het nie en dat die artikel in die Star Magazine fiktief is.

  • Lizanne

    @Ina – Los die pessimisme! Hollywood is ‘n plek waar baie met vuur spoeg oor jaloesie. Moet nie Suid Afrika of Sarie onder dieselfde kam skeer nie.