Het jy gehoor?

Oprah wys haar natuurlike krulle

Haar hare is nie uitgeblaas of met ’n stileeryster reguit gemaak nie. Die kletskoningin sê sy dra slegs oor naweke en met vakansie haar hare so.

Omdat dit soveel moeite verg om te stileer het sy dit al oorweeg om al haar hare af te skeer, maar vriende het haar gewaarsku dat sy nie die regte kop-vorm daarvoor het nie.

Sy glo vas dat jy jou uitkyk op die lewe kan verander deur jou haarstyl te verander. “Ek kom selfs ’n verandering in my honde agter wanneer hulle geskeer word vir die somer. Hulle het meer energie en voel meer hulself,” sê sy.

Ná honderde oormaaksessies wat sy al ondergaan en beleef het op haar kletsprogram, The Oprah Winfry Show, en vir O Magazine, sê sy die enigste manier wat ’n oormaaksessie volhoubaar is, is wanneer die ontvanger se ingesteldheid ook verander, saam met die voorkoms.

“Die enigste egte verandering vind in jou kop plaas.”