sr1007hjgeweet15
Het jy gehoor?

Egoli-ster slaan nóg ’n oorsese rol los

Egoli se Tarien werk deesdae saam met van Hollywood se groot name. En nou is Christel Smith ook te sien in ’n opwindende nuwe TV-reeks, Rake.

Christel het onlangs saam met bekendes soos Greg Kinnear (Little Miss Sunshine) en David Harbour (Quantum of Solace) op die kassie verskyn toe sy die rol van Leslie Randolph in die eerste seisoen van Rake losgeslaan het.

FOTO: Instagram (rakeonfox)

Greg Kinnear vertolk die hoofrol in Rake
FOTO: Instagram (rakeonfox)

Christel, wat meer as tien jaar gelede Los Angeles toe getrek het, speel in dié reeks wat gaan oor ’n prokureur (Greg Kinnear) wat bereid is om net die moeilikste sake hof toe te neem.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Nóg ’n Egoli-aktrise gesels met SARIE.com uit Los Angeles

Christel en haar man, finansiële raadgewer Eddie Durkin, se seuntjie (ook Eddie) word ook by die dag ouliker! Sy het dié oulike foto’s van hom op Facebook gedeel.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

 

Waarmee hou Christel haar nog besig in Hollywood? Lees hier

Christel speel ook vanjaar in die interessante web-gedrewe reeks Match wat 7 uiteenlopende karakters se lewens volg wat iets gemeen het – hulle almal het een gemeenskaplike ding wat hulle dryf.

SA-aktrise maak Madiba-dokumentêr

Lesley-Ann Brandt is nog ’n Suid-Afrikaanse aktrise wat haar beroep in Hollywood beoefen. Sy is terug in Suid-Afrika om om ’n dokumentêr oor oud-president Nelson Mandela te maak, skryf FilmContact.com.

Lesley-Ann Brandt FOTO: Twitter

Lesley-Ann Brandt
FOTO: Twitter

Lesley-Ann Brandt hou SA se naam hoog in Hollywood

Die aktrise, bekend vir haar rol in Spartacus, sê die produksie fokus op die bruin gemeenskap se plek in Suid-Afrika ná apartheid. Lesley-Ann het ook gereeld in die TV-reeks CSI New York gespeel.